Lydenstyd Reis - Water in Die WoestynMuestra
SEKSUALITEIT
“Is dit 'n goeie ding om seksuele verhoudings te hê? Ja, maar net binne 'n sekere konteks. Seksuele begeertes is sterk, maar die huwelik is sterk genoeg om dit te hanteer en 'n gebalanseerde en vervulde seksuele lewe te verskaf, in wêreld vol seksuele misdrywe.” – 1 Korintiërs 7:1–2 (The Message)
'n Broeder het vir Abba Agathon uitgevra oor owerspel. Hy het geantwoord: “Gee jou onvermoë vir God, dan sal jy vrede vind.”
Die woestynvaders het geweet dat hulle seksuele wesens was. Hulle was nie obsessief rondom hulle seksualiteit nie, hulle het dit ook nie probeer onderdruk of ontken nie. Hulle het geweet die gevaar bestaan dat seksualiteit mens se lewe totaal kan domineer, dat mens selfs jou identiteit in jou seksualeit probeer vind deur jouself te beskryf na aanleiding van jou seksuele oriëntasie, behoefte of voorkeur. Ons verbeelding hardloop soms weg wanneer dit by seksualiteit kom en dan breek ons beloftes van trou wat ons afgelê het. Baie van ons word bevrees en skrik vir ons eie fantasieë. Ons probeer dit onderdruk, daarvan weghardloop en is dalk selfs sensitief vir dié van ander; ons gedagtes is beset met ander se verwronge denke en oriëntasie. Vader Agathon wys vir ons ’n ander pad – sy raad is net om ons onvermoë te aanvaar en daarmee in afhanklikheid na God toe te gaan.
Die gevaar is om onsself te veroordeel en onsself sleg te sê. Dit kan ons natuurlik net in ’n bose siklus laat verval. Dit veroorsaak dat ons glad nie ons eie seksualiteit aanvaar nie en dan op ons tande byt en dink dat ons dit moet oorkom om beter mense te word. Ons kan kies om dit te dramatiseer, of ons kan dit net aanvaar en ons onvermoë na God toe bring, en die woorde van Paulus onthou “... dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.” (Filippense 2:13) Dit kan vir ons vrede bring; vrede wat ons kan kry en ervaar te midde van versoeking – ’n vrede wat uiteindelik daartoe bydra dat die drifte en drange in ons kalmeer. Die pad van afhanklikheid van God is ’n bevrydende pad.
“O God, leer my om tevrede te wees met my eie onbeholpenheid in die geestelike lewe. Leer my om tevrede te wees dat ek op U kan vertrou.” – Thomas Merton
GEDAGTE VIR DIE DAG
Ek aanvaar my onvermoë. Ek aanvaar my seksualiteit en staan in afhanklikheid voor God.
VIR NADENKE
Praat met die Here en sê vir Hom dankie dat jy hierdie tyd met Hom kan deurbring en vra Hom om jou geheue te verfris oor die dag wat verby is. Kan jy onthou dat jou tyd vandag opgeneem was met seksuele fantasieë? Hoe laat dit jou nou voel? Wat kry jy daaruit? Was jy bewus daarvan? Kon jy dit laat vaar? Veroordeel jy jouself maklik? Is dit moeilik om God met jou seksualiteit te vertrou? Praat met die Here daaroor.
Escrituras
Acerca de este Plan
Hierdie leesplan sal jou op 'n geestelike reis begelei tydens die 40 dae van die Lydenstyd. Ons volg Jesus die woestyn in. Die woestyn is ’n plek van voorbereiding, beproewing, afsondering, stilte, uitdaging, herskepping, ontdekking en ontmoeting (met jouself en met God). Ons reis oor hierdie 40-dae Lydenstyd met die wysheid van die vroeë Christene wat welbekend was met die woestynlewe.
More