Oorvloedige Liefde Deur Nina SmitMuestra
Doen jou werk met vreugde
Die boek Prediker is “wysheidsliteratuur”. Hierin kry ons praktiese en geestelike wysheid wat vandag nog op elkeen van ons betrekking het. “Wat ’n mens se oë kan sien, is beter as ’n swerwende begeerte,” sê Prediker 6:9 (NLV).
Ongelukkig is dit ’n les wat min van ons na waarde skat, voordat ons nie eers iets wat vir ons kosbaar was, verloor het nie. Omdat ons mense is, hunker ons altyd na meer as wat ons reeds het. Maar, sê die Prediker, as jou geluk van die omvang van jou besittings afhang, sal jy nooit genoeg hê nie. Hoe ryker ’n mens is, hoe groter is die gevaar dat jou besittings vir jou meer waardevol sal word as jou God.
Is jy tevrede met wat jy het? Geniet jy die dinge wat God jou gee en is jou werk vir jou ’n vreugde? Het jy al daaraan gedink dat alles wat jy het, van God kom? Dit is Hy wat vir jou talente, gesondheid en besittings gee, van Hom kom die gawe om te kan werk, en die geesdrif om daardie werk met vreugde te kan doen.
Kolossense 3:23 (NLV) sê, “Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.”
Jy mag maar die dinge wat aan jou behoort, geniet en daaroor bly wees. Maar onthou altyd van Wie dit alles kom, en maak seker dat Hy vir jou die heel belangrikste bly. Onthou ook om jou werk elke dag met vreugde te doen, om altyd jou beste te gee, soos vir die Here.
Gebed
Hemelse Vader, baie dankie vir al die dinge wat ek elke dag uit u hand ontvang. Maak my tevrede met wat ek het, en help my om altyd te onthou dat alles wat ek het, van U af kom. Amen.
Escrituras
Acerca de este Plan
Hierdie 5-dag-leesplan oor God se liefde en oorvloed sal lesers verseker van God se sorg, vergifnis en beskerming en hulle herinner om sy daaglikse seën te waardeer. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos vergifnis, werk en hoop) en ’n gebed en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “Oorvloedige liefde”.
More