Die Groot AvontuurVoorbeeld
Die probleem is dat ons nie oral openhartig kan wees nie. Baie van ons dink ons kan 'n emosionele uitbarsting op sosiale media plaas, maar dis nie wat God in gedagte gehad het nie. Ons moet oop kaarte speel, maar slegs in die veilige omgewing van 'n klein groepie — in die sirkel. Vandag gaan ons na 'n gedig kyk oor wat die beste manier is om openhartig te wees.
Uitdaging: Stuur 'n boodskap aan iemand wat altyd tot jou beskikking is. Sê dankie dat julle met mekaar openhartig kan wees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoe sou dit wees om as 'n volgeling van Jesus, nie 'n geestelike kontrolelys hoef af te merk nie, maar eerder op 'n avontuur te gaan? Hierdie 15-dag leesplan kan ons op die groot avontuur lei om God te leer ken. Gebaseer op video's, sluit dit die volgende in: onderhoude, gesproke woord, gedigte, liedere, die dissiplines van gebed, hoe om die regte mense in jou lewe te hê, en hoe om met passie te leef.
More