Leesplan inligting

Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

DAG 2 VAN 14

Doel

Hoekom Here, hoekom? Was jy al ooit in die versoeking om vir God hierdie vraag te vra? Een van die algemeenste en moeilikste vrae wat ons aan God sal stel, is dit: “Hoekom Here, hoekom gebeur dit met my?” Wanneer dit by ons status as enkellopendes kom, gaan die meeste van ons een of ander tyd vir God vra "hoekom". Here, hoekom het U nie vir my 'n lewensmaat gegee nie? Hoekom het U nie my gebede verhoor nie? Hoekom wag ek nog? Hoekom neem U nie my begeerte vir 'n huwelik weg nie? Selfbejammering en ellende is gewaarborg wanneer ons aanhou vra "hoekom". Die beste manier om te stagneer, is om by die "hoekom" vraag vas te haak. Wanneer dit by God en sy weg kom, is daar 'n ander vraag wat ons behoort te vra. Dit is die vraag: “Wat Here, wat?” Wat wil U hê moet ek met die res van my lewe doen? Wat probeer U vir my oor Uself in hierdie beproewing leer? In Psalm 18:30 herinner Dawid ons dat ons God almagtig is. Sy woord is waar. God het 'n plan en doel vir jou lewe en dit is nie afhanklik van jou status as enkeling of 'n getroude persoon nie. Jy is nie 'n plan B nie. Die Here het nie 'n fout met jou lewe gemaak nie. Hy weet wat Hy doen en het 'n plan vir jou ongeag jou enkellopende status. Indien jy nog by die "hoekom" vraag vashaak, is dit dalk nou tyd om die Here te vra wat Hy deur jou wil bereik ten spyte van jou enkellopendheid. 

Vrae: 

Vra jy vir die Here hoekom of vra jy vir Hom wat? Kan God 'n doel met jou hê ten spyte van die feit dat jy enkellopend is? Hoe verander dit jou houding ten opsigte van jou lewe? 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Thrive. A 14-Day Devotional For Singles

Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hie...

More

Baie dankie aan Lina AbuJamra en Living With Power wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asb: http://www.livingwithpower.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid