Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir EnkellopendesVoorbeeld
Selfbeheersing
Dit is al meer as 50 jaar sedert die seksuele revolusie van die 60's en een ding is seker: enigiets is aanvaarbaar wanneer dit kom by ons geslag se siening van menslike seksualiteit. "As dit goed voel, doen dit" is nie meer 'n mantra nie, want dit het vanselfsprekend geraak. Selfs in kerkkringe het mense se siening oor seksualiteit 'n wending geneem. Een studie het getoon dat meer as 60% van enkellopende Christene seksueel aktief is. As jy gelees het wat God se siening van seksualiteit is, gaan jy kopkrap. Hoe is dit moontlik? Dit is eintlik nie so ingewikkeld as wat jy dink nie. Wanneer dinge tot 'n punt gedryf word, is die kern van die saak: wie besluit wat vir jou reg is? Maak jy jou eie keuses of is jy in al jou besluite onderhewig aan die leiding van die Heilige Gees? Gaan jy jou laat beheer deur jou hormone of gaan jy hierdie deel van jou lewe aan God opdra wat jou met jou seksdrang geskape het? In 1 Korintiërs 6 herinner Paulus ons dat ons as volgelinge van Jesus teen 'n prys gekoop is. Ons is nie meer ons eie eiendom nie. Dit kom alles op oorgawe neer. Wie is in beheer van jou liggaam? Neem jy die besluite of is God in beheer van jou lewe? Hier is soveel op die spel, veral wanneer jou seksualiteit ter sprake is.
Vrae:
Watter spesifieke area van jou seksualiteit moet jy aan die Here oorgee? Watter praktiese stappe kan jy neem om God beheer oor jou liggaam te gee?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hierdie 14-dag leesplan, wat gebaseer is op die boek Thrive van Lina AbuJamra, word enkellopende Christene uitgedaag om te floreer in hulle lewens wat God hulle hier op aarde gegee het.
More