Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld

Lees: FIlippense 4:8-9
SOAP: Filippense 4:8
Dít wat ons ons gedagtes toelaat om op te fokus, beïnvloed ons aksies. Daarom is dit so belangrik om aandag te gee aan waaroor ons dink. Fokus ons op die vryheid wat ons in Christus het? Vernuwe ons intensioneel ons gedagtes met die God se waarheid? Of laat ons ons gedagtes toe om herhaaldelik die foute in ons verlede, onwaarhede of pynlike woorde op te bring? God het ons gedagtes kragtig gemaak, maar ons moet leer hoe om gedagtes te kweek wat nuttig en lewensgewend is, in plaas van gedagtes wat skadelik is en seermaak. Wat ons dink, bring ons voort. Kom ons ondersoek ons lewens en die inligting wat ons toelaat om ons gedagtes te beïnvloed deur middel van televisie, boeke en die internet. Mag ons kies om te fokus op God se waarheid in plaas van die wêreld.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com
Verwante Leesplanne

Jakobus

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John Piper

Liefde sonder vooroordeel

Waarheid Oorwin

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

Asemhalingsruimte

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys
