Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld

Lees: Filippense 4:6-7
SOAP: Filippense 4:6-7
Toe ek 'n klein dogtertjie was, is ek geleer dat ek my bekommernisse in gebede moet verander en hulle aan die voete van Jesus plaas. Daardie les het by my gebly, en ek doen dit nou nog gereeld. Ons wêreld en die gekheid van die tye waarin ons lewe, kan veroorsaak dat enige iemand angstig kan word, maar dit is waar ons geloof, vertroue en gebede belangrik is. In plaas van om toe te laat dat die bekommernisse van hierdie wêreld ons van ons energie dreineer, gee ons hulle oor aan God. Ons gee Hom ons bekommernisse deur ons gebede, en ons vertrou Hom om op maniere te werk wat net Hy kan. Ons is nie God nie, maar Hy is, en Hy kan meer doen as wat ons ons ooit kan indink. Met dankbare harte vir wat Hy alreeds gedoen het, gee ons ons bekommernisse oor en gee Hom geleenthede om in ons lewens te werk vir Sy glori
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com
Verwante Leesplanne

Jakobus

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John Piper

Liefde sonder vooroordeel

Waarheid Oorwin

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

Asemhalingsruimte

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys
