Die SoektogVoorbeeld
Wie jy toenemend glo God is, en in sy lig glo wie jyself is, is nie net fundamenteel tot intimiteit nie, dit is ook fundamenteel tot oorwinning. Lees weer Deuteronomium 33:29 en jy sal sien dat oorwinning en identiteit met mekaar verband hou. Slegs vanweë die skild en die swaard van hulle God sou hulle hul vyande kon verslaan.
Die ooreenkomste met Nuwe Testamentiese gelowiges in Efesiërs 6:10-17 is pragtig.
Bind hulle hier aan mekaar vas:
Elke nederlaag van 'n kind van God, is die gevolg van een van twee oorsake:
1) wat ons nog nie geleer het nie, of 2) hoe ons mislei is. Ons oorwinnings en nederlae word gedryf deur ons oortuigings. Net so is die diepte van ons intimiteit met God.
Elke keer as ons sonde kies, handel ons volgens 'n leuen wat gewoonlik so klink: "Die wêreld is 'n gewer en God is iemand wat vat." Die Bybel gee ons sekerheid oor wat waar is oor God, oor onsself, ons verlede, ons toekoms, oor ander, oor ons vyande, oor hierdie wêreld en die een hierna. Om as kind van God in die waarheid te wandel en 'n leuen van 'n geslepe slang te kan sien, begin met hierdie toets van jou geloof: "Wie het dit vir jou gesê?" Pastore, herders en leraars is 'n geskenk aan ons, en ons behoort te floreer onder hulle leiding. Hulle is egter net betroubaar as wat hulle sê, ooreenstem met wat God sê.
Ons leer ken natuurlik nie ons identiteite net by pastore en onderwysers nie.
Ons identiteite word ook gevorm deur ouers, broers en susters, maats, afrigters, wetstoepassing, skole, ervarings, omgewings en vrese. Hier is 'n voorbeeld van 'n onderhoud om die punt duidelik te maak:
Vertel vir my 'n paar dinge oor jouself. Wel, ek is dom. Die geluk tref my byna nooit nie. Ek is slordig. Ek kan nie geld reg hanteer nie. Ek is 'n huishen. Niemand kan my liefhê nie. Ek het geen gesonde verstand nie. Ek is 'n mislukking.
Wie het dit vir jou vertel? My ma.
Of was dit jou eks? Jou klasmaats? Jou siekte? Jou eie selfgesprek?
Om in waarheid te wandel, moet elke "Wie het dit vir jou gesê?" na God teruggevoer word in die Skrif, en as dit teenstrydig is, moet dit verwerp word. Adam en Eva het vir 'n leuen geval en die mensdom saam met hulle tot stof laat terugkeer. Hulle nederlaag was vinnig en erg en alles ter wille van 'n valse identiteit. Misleiding is altyd 'n dief.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie 7-dag leesplan, gebruik Beth Moore vrae vanuit die Skrif om jou na intimiteit te lei met die Een wat jou die beste ken. 'n Vraagteken aan die einde van 'n sin is sprekend van nuuskierigheid, belangstelling en dalk twyfel. 'n Vraag is 'n uitnodiging tot kwesbaarheid, tot intimiteit. Die Bybel skerm nie weg van so 'n uitnodiging nie. Ons sien herhaaldelik dat God se kinders vir hul Skepper vrae vra. Ons sien ook dat die God van die heelal vrae vra aan sy skepping. Die Soektog is 'n uitdaging om hierdie uitnodiging te aanvaar. Leer om die Woord te ontgin, reageer op die vrae wat God jou vra, en bring jou vrae en versoeke na God toe. Laat die krom vraagteken jou die pad wys na 'n meer intieme verhouding met die Vader.
More