7 Dinge wat die Bybel oor Ouerskap SêVoorbeeld
Ouerskap is maar net moeilik. Dit is vir ons maklik om met deernis terug te dink aan hoe ons kinders grootgeword het, hoe klein en oulik hulle was, maar dit is baie moeiliker om te onthou watter "seën" hulle is wanneer hulle sommer net op ‘n Dinsdagaand onverwags in die hoekie aan die skree gaan, of wanneer dit vir ons voel of dit die duisendste doek is wat ons omruil!
Deur die spanning van ouerskap kan 1 Tessalonisense 5:16-18 ons help om duidelik en met nuwe perspektief na hierdie dol tye te kyk.
Wees Altyd Vol Vreugde
Moenie in daardie moeilike oomblikke moed verloor nie. Onthou dat ouerskap ‘n edel en waardige roeping is, ‘n voorreg wat God aan ons gegee het, een waarvan ons wel eendag die vrugte sal sien, al voel dit nie vandag so nie. Aanvaar die feit dat God hierdie eer aan ons gegee het.
Moenie Ophou Bid Nie
Daar is niks wat ons kinders meer nodig het as die teenwoordigheid van Christus in hulle lewens nie. Daarom is die belangrikste ding wat ons as ouers kan doen, om ons kinders te oorlaai met gebede. 1 Tessalonisense 5:17 sê aan ons om gedurig te bid, selfs al voel dit asof alles om ons uitmekaar val.
Wees Dankbaar
Om dankbaar te wees dat ons kinders het, is sommige dae maklik en ander dae moeiliker. Onthou op daardie moeilike dae dat jy nie alleen is nie. Wanneer jy heeltemal gedreineer voel, is dit een van die beste tye om jou in gebed na God te wend. Vra Hom om jou vreugde te laat herlewe en dank Hom vir jou kinders. Hy kan, en sal, aan jou die krag, vreugde en dankbaarheid gee wat jy nodig het. As ons leer om op die moeilike dae van ouerskap op God te steun, kan ons nie help om dankbaar te wees vir ons kinders nie!
Casey Case
YouVersion Ondersteuningsleier
Aangaande hierdie leesplan
Om kinders groot te maak is moeilik, selfs onder die mees ideale omstandighede. In hierdie 7-dag leesplan deel werklike ouers — wat deel van die personeel van YouVersion is — hoe hulle beginsels uit die Woord van God toepas op hierdie belangrike aspek van hulle lewens. Elke dag se oordenking sluit ‘n versbeeld in wat jy kan gebruik om op jou eie reis te deel.
More