7 Dinge wat die Bybel oor Ouerskap SêVoorbeeld

Dit was Junie 2010 toe ek en my vrou ons eerste kind verwag het. Ons was vir aandete by my pa toe ek hom sy beste raad gevra het wat hy oor dekades van ouerskap opgedoen het.
Hy het 'n rukkie nagedink en maak toe 'n vergelyking wat ek nooit sal vergeet nie. My pa sê dat ouerskap soos ‘n skaal is—nie soos die badkamerskaal waarop jy jouself weeg nie, maar soos die een wat 'n simbool vir geregtigheid is. Aan die een kant het jy liefde en aan die ander kant dissipline. Om een van die twee te veel te gebruik, is skadelik vir jou kind.
My pa het verder verduidelik, hoe meer liefde jy aan jou kinders betoon, hoe meer sal hulle jou dissipline aanvaar. Wanneer jy meer dissipline toepas, moet jy hulle laat verstaan hoe lief jy vir hulle is. Te veel liefde sonder dissipline bederf ‘n kind en te veel dissipline sonder liefde kan emosionele skade aanrig en die kind van die ouers laat wegdryf.
Sedert daardie aand het ek baie aan die verband tussen teregwysing en liefde gedink. Ek glo dat ouers dikwels sleg voel wanneer hulle hul kinders dissiplineer. Dit is beslis nie lekker om te doen nie; dis moeilik, maar dit is goed. My bemoediging aan jou is dus om die regte hoeveelheid dissipline op jou kinders toe te pas, sodat hulle kan weet dat jy hulle liefhet en vir hulle omgee.
Net soos ons vir ons kinders lief is, en nodig het om hulle te dissiplineer, het ons hemelse Vader sy kinders lief en sal Hy hulle dissiplineer. As jy Christus as jou Here en Verlosser aanvaar het, is God jou Vader. Jy is aangeneem in sy familie.
Brad Belyeu
YouVersion Ingenieur
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Om kinders groot te maak is moeilik, selfs onder die mees ideale omstandighede. In hierdie 7-dag leesplan deel werklike ouers — wat deel van die personeel van YouVersion is — hoe hulle beginsels uit die Woord van God toepas op hierdie belangrike aspek van hulle lewens. Elke dag se oordenking sluit ‘n versbeeld in wat jy kan gebruik om op jou eie reis te deel.
More
Verwante Leesplanne

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van God

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

Rusteloos

Gewoontes

Ruimte om asem te haal

God Se Plan Vir Jou Lewe

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus

Radikale Wysheid: 'n Sewe-Dag Reis vir Vaders
