7 Dinge wat die Bybel oor Ouerskap SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Parenting

DAG 3 VAN 7

In my gesin was ek die jongste van twee dogters, dus was my kinderdae gevul met teepartytjies saam met my poppe, kook in die speelgoed kombuis en om speel-speel deftig aan te trek—alles baie rustige, goed-gemanierde en veilige aktiwiteite. Vandag is ek self ‘n ma van twee seuns onder die ouderdom van vyf jaar, maar lyk en klink my huis glad nie soos my eie kinderdae nie. Om vir my kinders te bid het ‘n noodsaaklike deel van die reis deur moederskap geword, hoofsaaklik as gevolg van my seuns se energievlakke. Soos my skoonma my gewaarsku het oor die lewe met nét seuns, dat ek mettertyd die verpleegsters by ongevalle op hulle voorname sal leer ken!

Ek sou myself nie kon voorstel dat ek na net ‘n paar jaar van hierdie nuwe avontuur reeds sou sien hoe my oudste op sy gesig val (waarvoor behandeling van 'n wortelkanaal nodig was). Skaars ‘n jaar later, val hy op sy kop (drie krammetjies moes ingesit word). Ek sou ook nooit kon dink dat my tien maande-oue baba ‘n operasie moes ondergaan vir ‘n aangebore siektetoestand nie. Elke situasie was totaal buite my beheer. Daar was niks wat ek kon doen om enige hiervan te verhoed nie—‘n besef wat my op my knieë in gebed vir my kinders gebring het.

Kinders is ouers se geskenke van God. Ons moet vir hulle voorsien, hulle beskerm, die liefde en genade van Jesus aan hulle wys en hulle voorberei vir hulle eie reis deur die lewe. Ons kan nie besluit oor hulle daaglikse omstandighede of die algehele rigting van hulle lewens nie en ons het ook geen beheer daaroor nie. Wat staan ons as ouers dus te doen, nadat ons elke greintjie energie daarin gesit het om vriendelike, respekvolle, Godvresende kinders groot te maak en hulle gesond en veilig te hou? Ons kan ons bekommernisse, ons twyfel en ons onvervulde verwagtings na God neem—dankbaar dat ons nie in beheer hoef te wees nie.

Mag ons nooit moeg word om vir ons kinders te bid en om hulle met oop hande, deur vertroue en geloof, na ons Skepper uit te hou nie—Hy wat ons kinders liewer het as wat ons hulle ooit kan hê en wat hulle vashou in Sy almagtige Hande.

Lisa Gray

YouVersion Lokaliseringsbestuurder

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Parenting

Om kinders groot te maak is moeilik, selfs onder die mees ideale omstandighede. In hierdie 7-dag leesplan deel werklike ouers — wat deel van die personeel van YouVersion is — hoe hulle beginsels uit die Woord van God toepas op hierdie belangrike aspek van hulle lewens. Elke dag se oordenking sluit ‘n versbeeld in wat jy kan gebruik om op jou eie reis te deel.

More

Baie dankie aan YouVersion wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.bible.com/reading-plans