Veranderde LeweVoorbeeld

Living Changed

DAG 6 VAN 7

God Soek na Ons

Ons vroue wil gewaardeerd voel en gesog wees. Ons wil so begeer word dat iemand moeite sal doen om by ons uit te kom. Dit verskil natuurlik in die huwelik, vriendskappe en verhoudings met ouers; tog weet ons dat ons gesog is wanneer hulle tyd opoffer om op ons te fokus.

Dis nie 'n teken van ydelheid as ons verlang dat iemand ons opsoek nie. God het daardie begeerte diep in ons geplaas, want ons is na sy beeld geskape en Hy wil hê ons moet na Hom soek. Ons is geskape om Hom te aanbid en te prys. Daardie begeerte om opgesoek te word, is God wat in ons is.

God soek gedurig na ons almal. As jy alleen, verlate of ongewens voel as gevolg van wat die wêreld sê, staan 'n oomblik stil en kyk hoe God na jou soek. Hy soek al jou hele lewe lank na jou en as jy daarvan bewus word, sal jy sy teenwoordigheid gewaar. 

Dink terug aan 'n oomblik in jou lewe toe jy mooi, lieflik en gelukkig gevoel het. Waar was jy en wat het op daardie oomblik in die natuur gebeur? 

My oomblik was toe ek op die strand gestaan het, met die wind wat deur my hare waai. Ek is my hele lewe lank met my suster vergelyk en het soos 'n lelike eendjie gevoel. By die strand het ek egter pragtig gevoel. Dit het niks te doen gehad met my swembroek of die mense om my nie. Ek het soos 'n model gevoel toe ek daar gestaan het. 

Die wind was nog altyd daar, en nou is ek in staat om dit te herken as God wat na my soek. Vir jou is dit dalk reën wat jou siel rustig maak, of om na diere in die verte te kyk, of self 'n ligte sneeuval wat so stil is dat jy jouself kan hoor dink. Wat dit ook al is, dit kan nie deur 'n mens nagemaak word nie. Net God kan op daardie manier in jou hart praat.

Wanneer jy leer om dit te herken as God jou opsoek, sal dit vir jou 'n vertroosting wees te midde van 'n moeilike tyd in jou lewe of wanneer jy iets nie verstaan nie. Hy sê dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie. As jy sy Woord glo, beteken dit Hy is in die goeie en slegte tye daar vir jou. In ons laagtepunte wys God vir ons dat Hy ons opsoek om saam met ons deur ons pyn te gaan.

Jy is sy kosbare skepping. Hy wil hê dat jy sy liefde voel. Vra Hom om jou oë oop te maak sodat jy kan sien hoe Hy na jou soek.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed

Vergelyk jy jouself dikwels met ander of met die samelewing se standaard van wat dit behels om 'n vrou te wees? Wat as jy eerder fokus op wat God van jou sê en leer hoe om die stryd te stry teen die sluwe leuens van die vyand? Hierdie leesplan sal jou help om elke dag met hoop en vertroue in Christus te leef, wetende dat jou identiteit slegs in Hom rus.

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com