Veranderde LeweVoorbeeld
'n Doel
God het 'n spesifieke en unieke doel vir elkeen van sy kinders. Dit kan egter moeilik wees om jou doel te identifiseer as jy nie daaraan gewoond is om na God se leiding in jou lewe te luister nie. Begin kyk dus na aktiwiteite wat jou opgewonde maak.
Dit breek my hart om te weet dat daar vroue is wat gebroke, onseker en hard op hulleself is en hul eiewaarde misken. Jy is dalk passievol daaroor om skoon water aan mense te verskaf, om 'n besigheid met integriteit te bestuur of om tuis te bly en jou kinders groot te maak. Wat dit ook al is, God het daardie passie in jou geplaas en wil hê dat jy dit tot sy eer gebruik.
Jy hoef ook nie die beste te wees vir God om jou te kan gebruik nie. Jy moet net gewillig wees. Jou doel kom na vore wanneer jy jou denke, begeertes en behoeftes aan God se wil vir jou onderwerp.
Vra vir God: "Watter gawes en talente het U my gegee om te gebruik?" Hy sal jou antwoord deur die aansporing van die Heilige Gees. Dit sal na vore kom deur iets wat jy in die Bybel lees, of iets wat 'n vriend sê. As jy jou ore spits, sal Hy vir jou wys wat om volgende te doen. Hy sal nie vir jou die volledige plan gee nie, want dan sal jy Hom nie meer nodig hê nie, en Hy wil 'n noue verhouding met jou hê. Hy sal egter getrou wees om elke tree wat jy moet gee aan jou duidelik te maak, as jy gewillig is om Hom te gehoorsaam, selfs as dit nie nou sin maak nie.
As ek nou terugkyk, het dit nie gevoel of ek iets gehad het om aan te bied nie. In my oorgawe het ek aan God gesê: "Ek weet nie of U dit nodig het nie, maar as U dit kan gebruik, is dit U s'n." Ek ken al die twyfel en vrae. Nou kan ek egter my verlede sien vir wat dit is — God wat my gevorm het vir dit wat Hy in my toekoms beplan het.
Ek is steeds verwonderd dat God ons in elk geval sal gebruik as ons net gewillig is, ten spyte van wat ons gedoen het. Gee Hom dus wat jy het en kyk waarnatoe Hy jou lei.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vergelyk jy jouself dikwels met ander of met die samelewing se standaard van wat dit behels om 'n vrou te wees? Wat as jy eerder fokus op wat God van jou sê en leer hoe om die stryd te stry teen die sluwe leuens van die vyand? Hierdie leesplan sal jou help om elke dag met hoop en vertroue in Christus te leef, wetende dat jou identiteit slegs in Hom rus.
More