VertroueVoorbeeld
Jeremia 32:27 Die mens sê: Goeie idee. Niks kan dit egter laat gebeur nie! God sê: "Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?"
Fillipense 4:13 Die mens sê: Ek glo nie dat ek sterk genoeg is om dit te doen nie. God sê: "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee."
Fillipense 4:19 Die mens sê: Wanneer ek my loopbaan en huis gevestig het, sal ek Christenskap oorweeg. God sê: "En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus."
Spreuke 11:28 Die mens sê: Ek het hard gewerk. Sukses voel regtig goed! God sê: "Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot 'n val; wie reg doen, floreer soos groen blare aan 'n boom."
Spreuke 21:1 Die mens sê: Die regeringsleiers kan aaklig wees! God sê: "Die wil van die koning staan onder die gesag van die Here; soos 'n stroom water lei Hy dit soos Hy verkies."
Spreuke 21:31 Die mens sê: Ek is iemand wat dinge laat gebeur! God sê: "Perde kan afgerig word vir oorlog, maar dit is die Here wat die oorwinning gee.
Een manier om God te vertrou is om sy Woord te memoriseer en daaroor na te dink. Die meeste van hierdie verse kom uit die 500+ van 48+ onderwerpe in die MemLok Bybel se geheuestelsel. MemLok is eenvoudig, maklik en pret. 'n Visuele leidraad help jou om te begin. Beskikbaar in selfoon- of Windows toeps. MemLok
Aangaande hierdie leesplan
Vertroue is 'n fundamentele deel van ons Christelike geloof. Jou vertroue groei deur ontmoetings met God en deur na te dink oor sy Woord. Die volgende verse, as jy dit memoriseer, kan jou deur al jou dae help om op God te vertrou. Kom maak jou lewe beskikbaar om herskep te word deur die Skrifgedeeltes te memoriseer!
More