VertroueVoorbeeld

Trust

DAG 3 VAN 4

Spreuke 3:5-6 Die mens sê: Kyk, ek is 'n self-gemaakte mens. Ek kry dit gedoen! God sê: "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop."

Jesaja 40:31 Die mens sê: Ek sal dit graag wil oorleef sonder om heeltemal uitgeput te wees. God sê: "maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."

Jesaja 41:10 Die mens sê: Ek is bang! Jy sou ook wees! God sê: "Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou."

Psalm 46:10 Die mens sê: Ek bekommer my BAIE oor die toestand van die wêreld. God sê: "die oorloë oor die hele aarde laat Hy ophou, pyle en boë verbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend, oorlogswaens verbrand Hy met vuur."

Spreuke 11:24-25 Die mens sê: Ek is bang dat ek nie genoeg sal hê. God sê: "Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word. Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is."

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Trust

Vertroue is 'n fundamentele deel van ons Christelike geloof. Jou vertroue groei deur ontmoetings met God en deur na te dink oor sy Woord. Die volgende verse, as jy dit memoriseer, kan jou deur al jou dae help om op God te vertrou. Kom maak jou lewe beskikbaar om herskep te word deur die Skrifgedeeltes te memoriseer!

More

Ons wil graag vir "MemLok, the Bible Memory System," bedank vir die voorsiening van die struktuur vir hierdie leesplan. Vir meer inligting aangaande MemLok, besoek: http://www.MemLoc.com