VertroueVoorbeeld
Psalm 37:4-5 Die mens sê: Ek smag dat dit moet gebeur. Wat moet ek doen? God sê: "Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg."
Psalm 37:23-24 Die mens sê: Wat as ek 'n onwyse besluit neem? God sê: "Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op."
Psalm 118:8 Die mens sê: Skynbare betroubare mense laat my in die steek. God sê: "Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou."
2 Konings 6:16 Die mens sê: Ons gaan verpletter word! God sê: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is."
Job 3:25 Die mens sê: Ek twyfel of dit gaan uitwerk. Slegte dinge gebeur met my. God sê: "Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref."
Aangaande hierdie leesplan
Vertroue is 'n fundamentele deel van ons Christelike geloof. Jou vertroue groei deur ontmoetings met God en deur na te dink oor sy Woord. Die volgende verse, as jy dit memoriseer, kan jou deur al jou dae help om op God te vertrou. Kom maak jou lewe beskikbaar om herskep te word deur die Skrifgedeeltes te memoriseer!
More