Vegter Leesplan Vir MansVoorbeeld

Fight Devotional For Men

DAG 9 VAN 11

Die Dom Geskuifel

Vandag sal ons sien hoe Simson sy laagtepunt bereik. Jy moet egter verstaan: Simson het nie sy lewe eensklaps verwoes nie. Hy het dit een tree op 'n keer geruïneer. Om die waarheid te sê, wanneer ons van God begin wegloop lyk dit ons almal begin met dieselfde drie klein treetjies:

Eerste tree: Om ons vyand uit te tart. Simson het (weereens) die vyand se gebied binnegegaan om 'n "gebruikers-vriendelike" vrou te besoek ('n prostituut). Wanneer hy die stad verlaat, neem hy hulle stad se hek saam met hom (hulle simbool van sekuriteit). Hoekom? Net om hulle te tart.

Tweede tree: Om ons sondes te regverdig. Sommige ouens regverdig hulle sonde in vergelyking met hoe "skoon" die res van hulle lewens is: Dit is my EEN fout. Ander mans regverdig dit as iets privaat: Dit is MY saak, nie joune nie. Sommige skryf hulle eie reëlboek: Ek kan na die spyskaart kyk, solank ek net nie daarvan eet nie. Sommige ander ouens blameer ander: As sy net nie DIT doen nie, sal ek nie DAT hoef te doen nie.

Derde tree: Om aan te neem ons ongehoorsaamheid gaan ons niks kos nie. Net soos Simson dink ons: Ek sal net doen wat ek die vorige keer gedoen het. Ek sal myself loswikkel. Ons sonde haal ons egter altyd uiteindelik in en oorweldig ons. Jou sonde sal aan die lig kom. Jy sal vandag sien hoe dit vir Simson gebeur het.

Simson was 'n vegter wat sterk genoeg was om duisend mans dood te maak. Hy was sterk genoeg om 'n leeu met sy kaal hande uitmekaar te skeur. Hy was sterk genoeg om deure wat 318 kg geweeg het uit hulle rame te ruk en dit saam met hom te vat. Hy was egter, aan die einde, nie sterk genoeg om die mense te lei wat hy moes lei nie.

Moenie tevrede wees om in jou beroep sterk te wees nie. Moenie tevrede wees om in jou stokperdjies of sport sterk te wees nie. Moenie tevrede wees om fisiek sterk te wees nie. Fokus eerder jou krag daarop om die mense om jou na geregtigheid te lei. Mans kan op allerhande maniere sterk wees, maar die meeste laat leierskap aan iemand anders oor.

Dit kom voor asof baie ouens dink hulle sal altyd daarmee wegkom as hulle dieselfde dinge oor en oor doen. Hulle laat toe dat hulle emosies en impulse hulle optrede dikteer. Simson het aangehou om na plekke te gaan waar hy nie moes nie, om verbode vroue op te soek, sy vyande die harnas in te jaag, en dan sy slegte gedrag te regverdig (deur sy wellus, woede of wraak). Hy het 'n paar emosionele gevolge gely, maar niks wat hom die een ding gekos het waaroor hy blykbaar die meeste begaan was, daardie een ding waarop hy staatgemaak het nie: sy krag. Totdat dit wel gebeur het.

Moenie toelaat dat dit met jou gebeur nie. Moenie tevrede wees om sterk te wees met dinge van tydelike aard nie. Delf na daardie vegter binne-in jou. Moenie betekenislose gevegte aanknoop nie. Veg vir dit wat die meeste saak maak. Veg vir jou geloof. Veg vir jou gesin. Veg vir jou lewe.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Fight Devotional For Men

Skrywer en pastoor Craig Groeschel help mans om te ontdek wie hulle regtig is — 'n kragtige man met 'n vegtershart. Hierdie 11-dag leesplan verken die lewe van Simson — 'n sterk man met ooglopende swakhede. Veg om te word wat God jou gemaak het om te wees. Moenie net veg soos 'n man nie. Veg soos 'n man van God.

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/