Vegter Leesplan Vir MansVoorbeeld
Van Wanhoop Herstel
Het jy al ooit so baie gespeel dat jy fisiek geen reserwes oor het nie?
Soms sak jy inmekaar op die oefenapparaat van jou lewe: verswak, uitgemergel, heeltemal uitgeput. Selfs wanneer jy alreeds amper flou is, is daar geen waarborg dat meer spanning nie op pad is nie. Voel jy ooit so? Asof die gedurige gewig van verantwoordelikheid altyd daar is? Dat jy altyd daar moet wees vir jou gesin en vriende? Glo my, ek weet presies hoe dit voel.
Jy wil niemand in die steek laat nie. Daar sal altyd, maand na maand, nog rekeninge wees wat betaal moet word. Jy wil 'n goeie voorsiener wees. Jy wil jou ouers trots maak. Jy wil sterk wees vir almal. Voel jy ooit jy is die gom wat almal se lewens bymekaar hou? Is dit dan enigsins 'n wonder dat jy so uitgeput is?
Natuurlik, as jy soos die meeste ander ouens is, sal jy nooit om hulp vra nie. Jy sal net aanhou om meer en meer laste te dra. Dan beur jy vorentoe daarmee, maar dit is pynlik. Dit maak seer, maar jy vertel vir niemand nie. Soms wonder jy selfs waarom jy al hierdie laste vir ander mense dra. Dit is maklik om in negatiewe gedagtes verstrengel te raak. Voel jy ooit alleen? Depressief? Verslaan?
Ons sal vandag al hierdie dinge in die desperate klank van Simson se stem hoor. Hy was trots daarop dat hy selfversorgend was en nooit iemand anders se hulp nodig gehad het nie. Hy wou nie sy swakhede aan ander openbaar nie, wat dit vir hom moeilik gemaak het om aan homself te erken dat hy eintlik werklik vir God nodig het.
Baie van ons tree dieselfde op wanneer ons oorweldig begin voel. Ons mag dit dalk nie hardop sê nie, maar ons optrede kommunikeer die volgende aan ander: "Ek gaan jou nie binne laat nie. Ek gaan nie deel wat met my aangaan nie. Selfs as ek sou probeer, sal jy in elk geval nie verstaan nie."
Dit is hoekom ons weier om padaanwysings te vra! Ons wil nie vir enigiemand vertel ons het hulp nodig nie! Ek is oortuig daarvan die rede waarom ons dit doen, is omdat die meeste van ons die held wil wees, die hoofkarakter, die middelpunt van die verhaal wat ons oor onsself vertel. Ons wil alles oor onsself maak … in plaas van oor God.
Hier is 'n waarheid wat jy vandag moet aangryp: As jy toelaat dat jou behoefte jou na God toe dryf, sal God jou diepste behoeftes bevredig. Sy Gees sal ons altyd lei na belydenis, om rigting te verander, om in pas te kom met sy Woord, na 'n nuwe begin, na genade. Erken dit. Jy het Hom nodig. Sê dit vir Hom. Jy mag verbaas wees hoe Hy reageer.
Aangaande hierdie leesplan
Skrywer en pastoor Craig Groeschel help mans om te ontdek wie hulle regtig is — 'n kragtige man met 'n vegtershart. Hierdie 11-dag leesplan verken die lewe van Simson — 'n sterk man met ooglopende swakhede. Veg om te word wat God jou gemaak het om te wees. Moenie net veg soos 'n man nie. Veg soos 'n man van God.
More