Vegter Leesplan Vir MansVoorbeeld

Fight Devotional For Men

DAG 3 VAN 11

Reëls Is Gemaak Om Verbreek Te Word

Voordat Simson nog gebore is, het sy ouers hom aan die Here toegewy, met iets wat “’n Nasireër-gelofte” genoem is. Die kort weergawe hiervan, is dat Simson deur sy hele lewe veronderstel was om drie basiese reëls te gehoorsaam:


1. Moenie alkohol drink nie.
2. Moenie aan iets raak wat dood is nie.
3. Moenie jou hare afknip nie.

Taamlik eenvoudig, nè? Jy weet wat ouens soos Simson sê: "Reëls is gemaak om gebreek te word."

Ons sal vandag in Rigters 14 lees hoe Simson die eerste keer sy Godgegewe krag gebruik het om iets besonders te doen. Dit was egter nie goed genoeg vir hom nie. Toe hy later terugkom, het hy gerieflikheidshalwe een van hierdie o-so-eenvoudige reëls geïgnoreer, en hy het aan iets wat dood is geraak. Nog erger, hy het met sy hande daarin gegrawe! Hoekom, Simson, hoekom? Vir 'n paar vuiste vol heuning? (Ja, jy het reg gelees.) Selfs volgens die standaarde van Ou Testamentiese tye, was wat Simson gedoen het aaklig!

Dom? Absoluut. Net soos ek en jy. Voordat ons vir Simson te kras oordeel, laat ons eerlik wees. Selfs wanneer ons glo dat God ons geseën het, kan ons steeds binne 'n oomblik teen Hom draai. Dink na hoe dit in jou lewe lyk. Wat veroorsaak dat ons ons eie manier kies, bo wat ons sê ons glo die beste is wat God vir ons wil gee? In my ervaring is dit nege uit 10 kere omdat ons iets sien wat ons wil hê, en dan, net op daardie oomblik, word dit al waaraan ons kan dink.

Wellus laat ons dink: Ek wil dit hê.
Eiegeregtigheid is daardie stemmetjie wat "Ek wil dit hê" neem en daarby voeg "... en ek verdien dit":

Ek werk hard. Ek het 'n bietjie ekstra verdien.

Ek het oor die jare baie geld by hierdie plek spandeer. Ek verdien 'n bietjie terugbetaling.

Daar word nie by die huis aan my behoeftes voldoen nie. Soms moet 'n mens net doen wat 'n mens moet doen.

Wanneer ons na daardie fluistering van eiegeregtigheid begin luister — Ek verdien dit. Ek het daarvoor gewerk. Ek het dit nodig — dan regverdig ons bloot ons wellus, in plaas daarvan om ons harte te keer na wat ons weet God wil hê.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Fight Devotional For Men

Skrywer en pastoor Craig Groeschel help mans om te ontdek wie hulle regtig is — 'n kragtige man met 'n vegtershart. Hierdie 11-dag leesplan verken die lewe van Simson — 'n sterk man met ooglopende swakhede. Veg om te word wat God jou gemaak het om te wees. Moenie net veg soos 'n man nie. Veg soos 'n man van God.

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/