Die Kosbare Geskenk Van VergifnisVoorbeeld

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

DAG 2 VAN 10

Om by God in die skuld te wees

Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom.” (Romeine 3:23)

Wanneer jy iemand verontreg het, is jy in die skuld by daardie persoon. Die Bybel sê dat elke mens in die skuld is by die God. Aangesien God ons geskep het as goeie en regverdige mense, wie se doel dit was om Hom te verheerlik, het Hy alle reg om ons volmaakte toewyding te eis. Maar aangesien die eerste mense besluit het om ongehoorsaam te wees aan hulle Skepper, het hulle sondig geword en so ook hulle nageslag. Geen mens is meer regverdig voor God nie. Almal word deur sonde geraak. Ons ontsê God die eer wat Hom toekom, Ons oortree voortdurend sy gebod om Hom bo almal lief te hê en ander mense soos onsself. Dit laat ons skuldig.

Die gevolge van ons skuld aan God is verskriklik. God het die eerste mense vooraf gewaarsku dat hulle sou sterf as hulle aan Hom ongehoorsaam is. En dit is wat ons oral rondom ons sien gebeur: "Want die loon van die sonde is die dood..." (Romeine 6:23).
Die dood is nie natuurlik nie. Dit was nie bedoel om te wees nie. Dit is die gevolg van ons beskadigde verhouding met God.

Stem jy saam dat jy teen God gesondig het?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://globalrize.org