TYDSAAMVoorbeeld

Dag 3: Wees stil
Psalm 37:7a NLV: "Wees stil in die HERE en wag geduldig op Hom.”
Kan jy getuig dat om te wag en geduldig te wees jou beste eienskappe is? Ek kan beslis nie. Die woorde "wag" en "geduldig" vra dat ons vertroue in ons Vader moet plaas en stadig en rustig volgens die pas wat Hý bepaal moet voortgaan. Ons moet in gehoorsaamheid dié woorde indrink in ons siele en stadig verteer.
Ons almal beleef tye wanneer ons geduldig moet wag. Ek wag al jare lank vir sekere situasies om positief te verander en vir probleme om opgelos te word. Ek verstaan nie hoekom dit jare moet neem nie. Ek sal dit nooit verstaan nie máár ek weet wel dat die verloop van hierdie lang wagperiode die verhaal van my tyd saam met God skilder. Daar is baie onbeantwoorde vrae maar ook die besef dat Hy nog altyd by my was.
My truspieël van die lewe vertel baie verhale. Elke verhaal verloop tydsaam saam met Hom en eendag in die hemel in!
Gebed: "Here, ek wil stil wag saam met U. Dit is u hand wat my tyd bepaal."
Terwyl jy hier lees wéét net dat jy nie alleen is nie. God ken jou diepste gedagtes en sal jou nie teleurstel nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die woord "tydsaam" beteken om nie haastig te wees nie, om ‘n stadiger tempo te handhaaf en om rustig te wees. Ons beweeg elke dag binne spasies van tyd — meestal vinnig en te besig om tyd saam met God deur te bring. Maar God beweeg saam met ons op sý tyd. Meestal tydsaam ...
More
Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.felicia-lategan.com
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Delf dieper deur Romeine

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Staan weer op
