TYDSAAMVoorbeeld

Dag 1: Vertrou
Psalm 27:14 NLV: “Vertrou op die HERE! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die HERE!”
Net soos Dawid moet 'n mens jouself soms dwing om God te verheerlik, sy naam uit te roep en vas te hou aan sy grootheid ongeag omstandighede. Meestal doen 'n mens dit juis wanneer jy in ‘n wagperiode is of moeilike omstandighede moet hanteer.
Jy het seker ook al gevoel dat God jou vergeet het en jou nie hoor nie. Dis asof Hy sy tyd neem om te antwoord wanneer jy 'n krisis beleef en na Hom uitroep. Jy voel onsigbaar.
Ek dink Hy doen dit juis sodat ons ons totale afhanklikheid van Hom moet bely en ons hele wese aan Hom moet oorgee. Dit is inderdaad 'n groot uitdaging vir ons, want ons wil in beheer wees.
Kom tot stilstand. Krap ‘n plekkie oop in jou dagboek en bespreek hierdie tydgleuf vir Hom. Bring tyd deur saam met Hom, selfs al sê jy nie ‘n woord nie …
Gebed: "Here, ek loer net in … Ek weet nie wat om te doen of te sê nie. Hier is ek."
Ons weet God se tyd is nie ons tyd nie. Dit is ‘n abstrakte begrip. Ek en jy beweeg binne sý tyd. Hou aan om op Hom te vertrou! Hou aan om in te loer by Hom!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die woord "tydsaam" beteken om nie haastig te wees nie, om ‘n stadiger tempo te handhaaf en om rustig te wees. Ons beweeg elke dag binne spasies van tyd — meestal vinnig en te besig om tyd saam met God deur te bring. Maar God beweeg saam met ons op sý tyd. Meestal tydsaam ...
More
Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.felicia-lategan.com
Verwante Leesplanne

Delf dieper deur Romeine

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Voltydse Volharding

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Staan weer op
