Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld

Skrif: Die Skrif is Voldoende
Lees: 2 Timoteus 3:14-15; Jakobus 1:21-25
SOAP: 2 Timoteus 3:15; Jakobus 1:21
“en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus” (2 Timoteus 3:15).
“Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red” (Jakobus 1:21).
Oordenking
Van jongs af verstaan ons die belangrikheid daarvan om ’n liefdevolle mentor te hê. Vir Timoteus was hierdie mentor die Bybel, wat deur sy ma en ouma vir hom geleer is. Deur Timoteus se voorbeeld, soos opgeteken deur die apostel Paulus, sien ons hoe die Skrif ons tot verlossing kan lei, ons kan help om in getrouheid te wandel en ons geloof kan vorm.
Die Bybel is die lewende en aktiewe Woord van God wat wysheid en rigting gee aan elke faset van ons lewens. Jakobus 1:21 herinner ons, wanneer dit in nederigheid ontvang word, die Woord van God die krag het om ons lewens te verander en ons siele te red. Dit gaan nie net daaroor om die woorde te lees nie, maar om die Woord van God toe te laat om in ons harte wortel te skiet en ons van binne te verander.
Die Bybel dien as ’n spieël in ons daaglikse lewens en beklemtoon areas waar ons sy genade nodig het. Dit is deur ons omgang met die Skrif wat ons God se karakter, sy beloftes en sy opdragte verstaan, om ’n lewe te lei wat Hom eer.
Die Bybel is ons vaste anker wanneer ons die lewe se uitdagings en onsekerhede in die gesig staar. Dit bied vertroosting in tye van hartseer, wysheid in oomblikke van verwarring en krag wanneer ons swak voel. Die Bybel herinner ons aan God se onveranderlike liefde en sy getroue teenwoordigheid in ons lewens. Namate ons onsself in die Woord verdiep, vind ons dat dit ons toerus, bemoedig en herskep, wat ons help om te groei en ons geloof met vrymoedigheid uit te leef.
Gebed
Dierbare Jesus, dankie vir die volledigheid van u Woord. Help my om volkome op die Bybel staat te maak vir leiding, wysheid en waarheid. Laat u Woord oorvloedig in my hart woon en my vorm om meer soos U te wees. Mag ek met vertroue en vrede wandel, in die wete dat u Woord alles voorsien wat ek vir lewe en godsaligheid nodig het. In u Naam. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/