Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

DAG 14 VAN 43

Jesus Christus: Die Maagdelike Geboorte

Lees: Jesaja 7:14; Matteus 1:18-25

SOAP: Matteus 1:20-23

"Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: 'Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.' Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: "Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.' Die naam beteken God by ons."

Oordenking

Die maagdelike geboorte is ‘n hoeksteen van ons geloof wat die diepte van God se liefde en wonderbaarlike krag openbaar.

Jesus, wat deur die Heilige Gees verwek en uit die maagd Maria gebore is, het ‘n Goddelike oorsprong. In teenstelling met enigiemand anders, was sy bevrugting ‘n Goddelike daad, sonder menslike ingryping. Jesus se geboorte is lank tevore in Jesaja 7 voorspel. Die engel Gabriël se aankondiging aan Maria in Lukas 1:34-35 toon die vervulling van hierdie profesie en beklemtoon die wonderbaarlike aard van hierdie gebeurtenis, wat God se direkte betrokkenheid bevestig.

Die maagdelike geboorte is een van die vele waarhede wat bevestig dat Jesus die beloofde Messias is. Romeine 1:3-4 verklaar: "en dit handel oor sy seun. As mens is Hy uit die geslag van Dawid gebore; op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus ons Here" wat Hom ons volmaakte middelaar vir verlossing maak.

Daarbenewens, beklemtoon die maagdelike geboorte Jesus se sondelose natuur. In teenstelling met die res van die mensdom het Hy nie ingebore sonde geërf nie. Hy is deur die Heilige Gees verwek en het sondeloos gebly. Sy reinheid vanaf bevrugting tot kruisiging maak dit vir Hom moontlik om vir ons skuld te betaal en ons met God te versoen.

Wanneer ons nadink oor die maagdelike geboorte, sien ons ‘n weerspieëling van God se skeppingskrag en sy plan van versoening, vir die mensdom raak. Net soos die Heilige Gees in die skepping beweeg het, het Hy beweeg om ons ware en volmaakte Verlosser, Jesus Christus, voort te bring.

Gebed

Dierbare Jesus, dankie vir die wonderwerk van u geboorte. Help my om die diepgaande betekenis hiervan ten volle te begryp en om die waarheid van u Goddelike natuur en sondelose lewe te ken. Vul my hart met ontsag en dankbaarheid vir u wonderbare verlossingsplan. In u Naam. Amen.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/