Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld

Jesus Christus: Die Menswording
Lees: Johannes 1:1-14; Filippense 2:6-11
SOAP: Johannes 1:14; Filippense 2:6-7
“Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid” (Johannes 1:14).
“Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word” (Filippense 2:6-7).
Oordenking
Het jy al ooit gewonder hoe Jesus, wat volkome God is, ook volkome mens geword het? Johannes 1:14 wys vir ons dat die ewige Woord, Jesus Christus, gekies het om mens te word en tussen ons te kom woon, en die volheid van God se genade en waarheid saam met Hom te bring.
Om te verstaan dat Jesus beide volkome God en volkome mens is, is deurslaggewend vir ons geloof. Jesus het nie sy godheid heeltemal of selfs gedeeltelik prysgegee om mens te word nie. Inteendeel, Hy het ‘n menslike natuur bygevoeg. Hierdie teologiese konsep word hipostatiese eenheid genoem.
Hierdie diepgaande waarheid beteken dat Jesus, as die tweede Persoon van die Drie-Eenheid, deel vorm van dieselfde Wese as God die Vader. Hy is nie bloot soos God nie; Hy is God (Johannes 1:1-3).
Tog was Jesus ook waarlik mens. Hy het honger, dors, moegheid en al die aspekte van menswees ervaar terwyl Hy op aarde was. Op grond van sy menslike natuur, het Hy volle begrip vir ons worstelinge en het Hy meegevoel vir ons swakhede. Dit laat Hom ook toe om in ons plek vir ons sondes te betaal. Bowenal is dit op grond van sy Goddelike natuur dat sy dood en opstanding die sondes van die mensdom kon dek. Beide nature is noodsaaklik tot wie Hy is.
Die menswording is meer as ‘n teologiese konsep; dit is ‘n waarheid wat ‘n uitwerking op ons daaglikse lewens het. Aangesien Jesus volkome God is, kan ons op sy krag en gesag vertrou. Aangesien Hy volkome mens was, kan ons 'n persoonlike verhouding met Hom hê. Hy oorbrug die gaping tussen die mens en die Goddelike, wat dit vir ons moontlik maak om ‘n intieme verhouding met God te hê.
Gebed
Dierbare Jesus, dankie dat U een van ons geword het, dat U die heerlikheid van die hemel verlaat het om tussen ons te kom wandel. Mag ek nader aan U beweeg deur op U te vertrou en 'n persoonlike verhouding met U hê. In u Naam. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/