Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld

Oordenkingsvrae:
1. Wat is sonde? Is daar spesifieke areas in jou lewe waar jy God se vergifnis moet vra en op die Heilige Gees staatmaak om jou te help om sonde te oorkom?
2. Wat is erfsonde en hoe affekteer dit ons? Hoe help die begrip van erfsonde jou om jou behoefte aan verlossing te herken?
3. Wat leer die leerstelling van menslike verdorwenheid ons oor ons menslike natuur? Wanneer ons die omvang van ons sondigheid beter verstaan, verander dit die manier waarop ons God se genade en ons behoefte aan sy ingryping in ons lewens beskou. Watter invloed het hierdie waarheid op die manier hoe jy met dankbaarheid en aanbidding leef?
4. Hoe is Jesus beide ten volle God en ten volle mens? Hoe beïnvloed die wete dat Jesus beide ten volle God en ten volle mens is jou verhouding met Hom? Hoe stel sy menslikheid jou in staat om Hom meer te vertrou?
5. Waarom is die maagdelike geboorte van Jesus belangrik? Hoe help die wonderwerk van die maagdelike geboorte jou om te verstaan wie Jesus is en wat sy rol in jou lewe is?
Aangaande hierdie leesplan

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/