Wie Braai Jou Wors?Voorbeeld

Wie Braai Jou Wors?

DAG 1 VAN 3

1. Jy IS die BRAAIER!

Ek wil vir jou ‘n baie belangrike vraag vra:

Wie braai jou wors?

Jy sien, die meeste mans hou daarvan om sy eie vuur te maak en vleis te braai soos hy wil. Dit sal egter jammer wees as ons so besorg is oor iets wat slegs vir een aand, of een maaltyd saakmaak, maar nie veel aandag gee aan dit wat die potensiaal het om lewenslank of selfs vir ewig te kan saak maak nie.

  • As jy nie jou wors braai nie, gaan die vuur hom brand.
  • As jy nie jou wors self braai nie, gaan iemand anders hom dalk verkeerd draai en breek.
  • As jy nie jou seun van manwees leer nie, gaan die wêreld hom dalk skroei of verkeerd draai.

So, wie doen die braaiwerk in jou huis? Van wie verwag jy om jou seunskind van manlikheid te leer? Die skool? Die kerk? Die afrigters? Die media? Sy ma? Of dalk net miskien — jyself?

As pa is jy die hoof van jou huis. Ten spyte van wat die media of moderne samelewing jou wil wysmaak, is jy die hoof van jou huis. Dus is jy die leier van jou huis. Nie die diktator nie, maar ook nie net ‘n demokratiese adviseer nie. Jy IS die LEIER!

Die vraag is dan egter nie of jy moet leiding neem nie, maar hoe goed jy die leiding neem?

Verseker fisiek, want jy is die sterker geslag. Finansieel moet jy wel ook voorsien of 'n bydrae kan maak. Geestelik behoort jy egter in besonder die leisels op te neem!

Jy bring die vuur en bepaal die atmosfeer! Jy sout die vleis en voorsien die geur! Jy IS die BRAAIER!

Jy is veronderstel om die hoof invloed van Christus in jou huis te wees! Nie omdat jy dit afdwing nie, maar eenvoudig net omdat jy as leier optree en self ook ‘n opregte pad met God die Vader stap, deur die leiding van die Heilige Gees en Christus se voorbeeld.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wie Braai Jou Wors?

Die meeste mans hou van braai. Hoe goed braai jy egter geestelik die vleis in jou huis? Meer spesifiek, van wie verwag jy as pa om jou seunskind van manlikheid te leer? Hierdie Bybelstudie trek die treffende parallel tussen hoe om lekker te braai en jou seun vir die lewe voor te berei.

More

Ons wil graag Siloam Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.facebook.com/agssiloam/