Die Gawe van VerwerpingVoorbeeld
In ons laaste dag se oordenking, deel ek 'n hoëvlak-oorsig van die praktiese raamwerk wat ek in The Gift of Rejection uiteensit. Ek bespreek dit in besonderhede in die boek, dus beskou ons hierdie as 'n inleiding voordat jy die boek lees.
My O.P.E.N.-raamwerk staan vir Oordink, Pleit biddend, Evalueer, en Noem met die volgende definisies:
OORDINK. Raak 'n oomblik stil wanneer jy verwerping ervaar en vra jouself af: "Wat dink ek en hoe voel ek nou?" Skryf jou gedagtes in 'n joernaal of notatoepassing. Terwyl jy dit oordink, kan jy 'n volgende tree neem deur jouself af te vra: "Is hierdie gedagte waar?"
PLEIT BIDDEND. In Efesiërs 4:26-27 skryf Paulus: "As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie." Wanneer jy verwerping ervaar, pleit dan biddend om God se bonatuurlike krag te ontvang waarmee jy die vesting van woede en hartseer kan afbreek.
EVALUEER. In elke verwerping is die gawe van insig in jouself en andere. Deur hierdie les te evalueer, kan jy vanuit 'n passiewe houding as "verwerpte slagoffer" na 'n aktiewe houding oorgaan as "iemand wat verandering teweegbring". Sodoende neem jy 'n doelbewuste besluit om wat jy oor jouself geleer het, aan te wend om jou toekoms te verander.
NOEM. Jou nuutgevonde insigte sal slegs as 'n gawe dien as jy 'n duidelike aksieplan beraam hoe om dit deel van jou lewe te maak. Om dit goed te doen, moet jy noem wat jou volgende tree is. Identifiseer wat jou optrede moet wees om jou insigte prakties toe te pas. As jy dit doen, sal jy die gawe van verwerping ontsluit. Dít is dan die begin van jou genesing.
Ek kan nie wag om in meer diepte met jou in my boek The Gift of Rejection te gaan nie. Dankie dat jy by my aangesluit het! As hierdie leesplan vir jou van waarde was, kan jy dit met enige vriende of familie deel wat jy dink ook hierdeur geseën sal word. Ek bid vir jou!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 5-dag leesplan, gebaseer op die wyd-bekroonde boek, "The Gift of Rejection" deur Nona Jones, sal jou op 'n kragtige reis neem om jou siening van verwerping te verander. Sy is 'n skrywer, prediker en YouVersion Wêreldwye Ambassadeur. Eerder as 'n pyn wat jy moet hanteer, word dit geopenbaar as 'n gawe om uit te leer. Bestel "The Gift of Rejection" vir dieper insig en studie, oral waar boeke aanlyn verkoop word!
More