Die Gawe van VerwerpingVoorbeeld
Wanneer ons ontplof, word ons pyn van verwerping vir ander sigbaar in die vorm van woede, bakleiery, geskreeu en om mense seer te maak. Hierdie uitdrukkingsvorm van die pyn van verwerping, word ook meestal as verkeerd veroordeel. Ons kan egter ook in 'n skynbaar deugsame vorm aan die pyn van verwerping uiting gee — en dit is prestasie; deur oor-ambisieus te wees en deurgaans al hoe meer sukses te behaal.
Aan die anderkant, wanneer ons ineenstort, neem die pyn van verwerping die roete om jouself skade aan te doen. Mense se ineenstorting kan allerlei verslawings behels in 'n poging om hul pyn van verwerping te verlig. Dit sluit dwelms, alkohol, seks of pornografie in. Sommige mense sny hulself en eindig in erge depressie of angstigheid. Wanneer ons ineenstort, sal diegene wat dit waarneem, kopskuddend aan hul renons uiting gee, want hulle kan nie verstaan waarom ons voortgaan om onsself te beseer nie.
Nietemin, of ons nou ontplof of ineenstort, bly die oorsaak van die pyn dieselfde. Ons uitdrukking van verwerping is die wyse waarop ons verstotenheid, vernedering, verleentheid en ongewenstheid hanteer.
Ek wil vra dat jy vandag werklik eerlik teenoor jouself sal wees wanneer jy die volgende vrae beantwoord:
- Hoe vertoon ek voor die wêreld as gevolg van my pyn oor verwerping?
- Wat doen ek om die pyn te verdoof of te verlig?
Dink vandag hieroor na en sluit weer môre by my aan terwyl ek die openbaring uit die Skrif deel wat my verwerping laat sien het as 'n gawe wat God tot my beswil en sy verheerliking kan gebruik.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 5-dag leesplan, gebaseer op die wyd-bekroonde boek, "The Gift of Rejection" deur Nona Jones, sal jou op 'n kragtige reis neem om jou siening van verwerping te verander. Sy is 'n skrywer, prediker en YouVersion Wêreldwye Ambassadeur. Eerder as 'n pyn wat jy moet hanteer, word dit geopenbaar as 'n gawe om uit te leer. Bestel "The Gift of Rejection" vir dieper insig en studie, oral waar boeke aanlyn verkoop word!
More