Die Gawe van VerwerpingVoorbeeld

The Gift of Rejection

DAG 2 VAN 5

Een van die redes waarom ek Die Gawe van Verwerping geskryf het, is omdat baie van ons seergemaak is deur gewonde mense, wat weer deur ander gewondes verwerp is.

Verwerping word dus 'n bose kringloop van pyn wat van mens tot mens oorgedra word. Ek glo dat, deur toegerus te wees om verwerping te herken en van sulke wonde te genees, die sleutel is om hierdie bose kringloop te beëindig.

"Mense wat seer het, maak ander seer" en dikwels is die verwerping wat ons in ons lewens ervaar, as gevolg van die verwerping wat ons treiteraar in sy of haar lewe ervaar het. Nietemin, al maak mense wat seer het ook ander seer, sal mense wat genees is, ook ander genees.

Ek wil vra dat jy vandag oor hierdie vrae sal nadink:

  1. Hoe het jou vroegste ervaring van verwerping jou beïnvloed; hetsy deur 'n ouer, vriend, onderwyser of enigiemand anders?
  2. Wat het hul verwerping op 'n vroeë ouderdom jou oor jouself laat glo?

Dink vandag hieroor na en sluit weer môre by my aan wanneer ons bespreek hoe die pyn van verwerping in ons lewens uitdrukking vind.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Gift of Rejection

Hierdie 5-dag leesplan, gebaseer op die wyd-bekroonde boek, "The Gift of Rejection" deur Nona Jones, sal jou op 'n kragtige reis neem om jou siening van verwerping te verander. Sy is 'n skrywer, prediker en YouVersion Wêreldwye Ambassadeur. Eerder as 'n pyn wat jy moet hanteer, word dit geopenbaar as 'n gawe om uit te leer. Bestel "The Gift of Rejection" vir dieper insig en studie, oral waar boeke aanlyn verkoop word!

More

Baie dankie aan Nona Jones wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.nonajones.com/books/the-gift-of-rejection