Om Soos Jesus te BidVoorbeeld
Vergeef ons ons Oortredings soos ons ook dié Vergewe wat teen ons Oortree
As Christus-volgelinge is ons geroep om in pas te bly met die Heilige Gees. Een van die belangrikste maniere waarop ons dit doen, is deur vinnig na God te draai in gebed, te bely en weg te draai van die strik en versoekings van sonde, en voortdurend ander — deur ware vergifnis — van hul oortredings teen ons te bevry.
Om op hierdie manier te lewe, produseer die vrug van die Heilige Gees, naamlik liefde, vreugde, vrede en getrouheid.
Maar dit is makliker gesê as gedaan. Dit verg nederigheid. Kom ons erken dit. Ons hou regtig nie daarvan om dit te erken as ons verkeerd is nie. Om te glo dat ons reg is, voel baie goed, en om reggehelp te word voel verskriklik en is 'n verleentheid. Die persoon wat egter nie wil bely, vergifnis soek en verander nie, of wat weier om ander te vergewe, is in 'n selfgemaakte tronk.
Die goeie nuus is dat ons nie daardie persoon hoef te wees nie. Jesus het 'n reddingsplan voorsien. Jesus se sending en bediening was — en is — om gevangenes van die slawerny van sonde vry te maak. Dit kom deur bekering en vergifnis.
Kom ons onthou ons beste voorbeeld. As God in menslike gedaante het Jesus heeltemal onberispelik, sonder enige oortreding, gelewe en die uiteindelike model vir genade en vergifnis geword toe Hy ons straf geneem het deur te ly en aan 'n kruis te sterf.
In die laaste oomblikke voor sy laaste asem, het Hy tussen 'n spottende skare na die Vader uitgeroep met die mees deernisvolle en onverdiende woorde: "... Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie..." (Lukas 23:34). Stel jou hierdie oomblik voor toe die Verlosser aan die wêreld vergifnis aangebied het in die oomblik van hul diepste oortreding.
Stop en Besin
Neem 'n oomblik om 'n tydjie van stilte voor God in te gaan. Wanneer jy gereed is, begin reageer op wat jy vandag bestudeer het. Het jy belydenis 'n gereelde deel van jou daaglikse gebede gemaak? Wat kan jy doen om belydenis meer van 'n gewoonte te maak? Vra vir God om aan jou enige areas in jou lewe uit te wys waar jy moet verander of vergifnis verleen, net soos jy deur Hom vergewe is.
Bid
Genadige Vader, dankie. U is 'n goeie, goeie Vader. Dankie dat U my toegelaat het om enige tyd na U toe te kom, net soos ek is. Ek verootmoedig my voor U. Gaan voort om my hart te herskep om meer soos Jesus Christus te lyk. Skyn u lig op die areas van my lewe wat moet verander. Dankie dat U my bemagtig het om ander se sondes en seerkry teen my te vergewe. Ek loof U vir u uiterste daad van vergifnis aan die kruis, en die genade wat U elke oomblik van my lewe aan my verleen. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Is jy gereed om jou gebedslewe te verdiep, maar nie seker hoe om te begin nie? Kom ons kyk van naderby na die instruksies in Matteus 6 wat Jesus oor gebed vir ons gee. Leer hoe om soos Jesus te bid met behulp van hierdie 7-dag leesplan van Pastoor Amy Groeschel.
More