Waarom het Jesus aarde toe gekom?Voorbeeld

Waarom het Jesus aarde toe gekom?

DAG 4 VAN 4

Hy het gekom om God te verheerlik

Ons het ’n subtiele dog gevaarlike geneigdheid om die evangelie deur ’n menslike bril te bekyk. Alles gaan oor my behoeftes en my begeertes. Hoewel Jesus wel gekom het om ons te red, was die uiteindelike rede vir sy koms die glorie en heerlikheid van God. Dit is hoekom Paulus ons aanspoor om mekaar te verwelkom soos Christus ons verwelkom het – tot eer en verheerliking van God.

Wanneer ons bewus word van Jesus se oorkoepelende motivering om aarde toe te kom, word sy Godgerigte fokus onmiskenbaar:

1. Jesus volbring God se beloftes. God se belofte aan mense soos Abraham, Isak, Jakob en Dawid het met Christus se koms in vervulling gegaan. Uiteindelik vervul Christus al God se beloftes, wat weer eer aan God bring.

2. Jesus plaas die stempel op God se integriteit. Deur God se beloftes te vervul, toon Christus hoe God getrou bly aan die waarheid. Selfs voordat God sy beloftes maak of nakom, is Hy in en aan Homself waar en getrou. Sy getrouheid aan die waarheid word in die geskiedenis ten toon gestel deur die koms van Christus na die aarde.

3. Jesus demonstreer God se genade. God het lank gelede gesê Hy sou al die volke en geslagte van die aarde deur Abraham seën. Hierdie wêreldwye seën word moontlik gemaak deur Jesus, ’n afstammeling van Abraham. Nou is elkeen wat sy vertroue in Christus plaas ’n ontvanger van die seën van Abraham, alleen deur God se genade.

4. Jesus verenig God se mense. Hoewel Jode en heidene sosiaal, polities en kultureel van mekaar verskil het, het Jesus gekom om hulle te verenig sodat hulle God, die vader van die Here Jesus Christus, met een stem kon verheerlik. Wanneer mense van verskillende kulture verenig om God saam te loof en te prys, demonstreer dit God se uitnemende heerlikheid.

5. Jesus versinnebeeld lofprysing aan God. God se doel is om sy volk, Israel, met alle nasies te verenig om God te loof. Hierdie oogmerk word regdeur die Ou Testament voorspel en is in Christus vervul.

Die Godgesentreerdheid van Christus se koms is waarlik goeie nuus vir ons. God wil sy heerlikheid vertoon deur sy mense te seën. Hy ontvang die lof – en ons die genade!

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Waarom het Jesus aarde toe gekom?

Dit is een ding om te glo dat Jesus 2 000 jaar gelede as ’n baba aarde toe gekom het. Maar weet jy waarom Hy gekom het? Hierdie 4-dag leesplan ondersoek die Bybelse antwoorde op dié vraag. Jesus se koms het niks te make met ’n sentimentele gevoel rondom vakansiegebeure nie. Dit het ewigheidsimplikasies vir jou lewe en vir die hele wêreld.

More

Ons wil graag Radical bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://radical.net/