Waarom het Jesus aarde toe gekom?Voorbeeld

Waarom het Jesus aarde toe gekom?

DAG 2 VAN 4

Hy het gekom om die hulpeloses te dien

Markus, ’n ooggetuie van die lewe van Jesus, lewer verslag van Jesus se merkwaardige verklaring dat Hy die Seun van die Mens is wat gekom het om te dien, nie om gedien te word nie, en om sy lewe as losprys vir baie te gee.

Jesus se aanspraak is skokkend, veral as jy in ag neem dat Hy God in die vlees was (en is). Twee van Jesus se dissipels, Jakobus en Johannes, het Hom pas gevra om aan hulle posisies van mag en gesag in sy koninkryk te gee. Jesus se reaksie was om hulle daarop te wys dat aardse heersers gewoonlik verwag om toegejuig en bedien te word, maar dat Hy ’n ander agenda het. Jesus het gekom om die hulpeloses te hulp te snel. Kyk na die volgende aspekte van hierdie wonderlike waarheid:

1. Jesus het gekom om te ly. Het jy al ooit iemand geken wat na die wêreld gekom het om te ly? Jesus het egter by verskeie geleenthede vir sy dissipels vertel van sy naderende lyding en dood.

2. Jesus het gekom om te red. Jesus se lyding het ’n doel gehad. Hy het gekom om sy lewe as ’n “losprys” te gee, dit wil sê as ’n betaling wat gemaak word om iemand uit slawerny te bevry. Jesus bevry ons van die slawerny en gevangenisskap waarmee sonde en die dood ons bind.

3. Jesus het gekom om ons plaasvervanger te wees. Die lyding van Jesus red ons omdat Hy in ons plek gely het. Dit is wat dit beteken om ’n plaasvervanger te wees. Wanneer Markus skryf dat Christus “vir baie” gesterf het, dra die woord “vir” die gevoel oor van “in plaas van” of “in die plek van”. Jesus het in die plek van sondaars soos ons gesterf.

4. Jesus het gekom om ons te wys hoe om te leef. Jesus het aan sy dissipels gewys hoe om opofferend in diens van ander te leef. Ons moenie soos wêreldheersers leef nie, maar eerder soos dienaars. Terwyl Jesus gely het om reddende saligmaking moontlik te maak, ly sy volgelinge om getuies van daardie saligmaking te wees.

5. Jesus het gekom om ons te dien. Jesus se opoffering vereis van ons om Hom en ander te dien. Ons diens beteken egter nie dat Jesus hulp nodig het nie; ons het wel. Jesus het gekom om te dien en ons te help omdat ons sondig en swak is.

Die waarom agter Jesus se koms is heeltemal verstommend: Hy het nie gekom as een of ander magtige wie se persoonlike giere en grille deur nederige dienaars bevredig moes word nie. Hy het gekom om self die nederige dienaar te wees.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Waarom het Jesus aarde toe gekom?

Dit is een ding om te glo dat Jesus 2 000 jaar gelede as ’n baba aarde toe gekom het. Maar weet jy waarom Hy gekom het? Hierdie 4-dag leesplan ondersoek die Bybelse antwoorde op dié vraag. Jesus se koms het niks te make met ’n sentimentele gevoel rondom vakansiegebeure nie. Dit het ewigheidsimplikasies vir jou lewe en vir die hele wêreld.

More

Ons wil graag Radical bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://radical.net/