Waarom het Jesus aarde toe gekom?Voorbeeld

Waarom het Jesus aarde toe gekom?

DAG 1 VAN 4

Hy het gekom om die werke van die duiwel te vernietig

Kersfees-vernietiging. Die samevoeging van dié twee woorde skep nou nie juis ’n vrolike vakansie atmosfeer nie. Ons wil eerder aan Kersfees dink as die tyd van speletjies, presente, of vrede op aarde. Dis verstaanbaar. Tog sal ons eers die ware betekenis begryp van waarom Jesus na die aarde gekom het as ons besef daar is iets in hierdie wêreld – en binne-in ons! – wat vernietig moet word.

So, wat het Kersfees met vernietiging te doen?

Die apostel Johannes verduidelik dat die Seun van God gekom het om die werke van die duiwel te vernietig. Hy het hierdie woorde oor Jesus in ’n konteks geskryf waar valse leraars gesê het dat iemand in Jesus kan glo sonder om te probeer om soos Hy te leef. Johannes se antwoord hierop was dat opregte geloof tot regte dade sou lei. Die teenwoordigheid en die mag van sonde verhinder ons egter dikwels om soos Christus te leef.

Op ’n ander plek in hierdie brief herinner Johannes ons aan die omvang van sonde (dit affekteer almal, sonder uitsondering), die aard van sonde (dit is wetteloos en uitdagend in die aangesig van God), en die oorsprong van sonde (die duiwel self).

Hierdie waarhede oor sonde verduidelik waarom Christus se koms nodig was vir ons redding en saligheid. Sonde is die duiwel se werk, en Jesus het gekom om dit te vernietig deur as versoeningsoffer vir ons sondes aan die kruis te sterf. Jesus is die enigste een wat kwalifiseer om vir ons sondes te boet omdat Hy regverdig en sondeloos is.

Ons sal Jesus in alle ewigheid prys vir die vernietiging van die werke van die duiwel. Sy dood aan die kruis het ten volle vir ons sondes betaal en ons weer met God versoen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Waarom het Jesus aarde toe gekom?

Dit is een ding om te glo dat Jesus 2 000 jaar gelede as ’n baba aarde toe gekom het. Maar weet jy waarom Hy gekom het? Hierdie 4-dag leesplan ondersoek die Bybelse antwoorde op dié vraag. Jesus se koms het niks te make met ’n sentimentele gevoel rondom vakansiegebeure nie. Dit het ewigheidsimplikasies vir jou lewe en vir die hele wêreld.

More

Ons wil graag Radical bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://radical.net/