Dapper KindersVoorbeeld

God maak groot beloftes, maar soms verg dit dapperheid om te glo dat ons dit sal sien waar word. Geloof is om te glo dat God is wie Hy sê Hy is en kan doen wat Hy sê Hy kan doen. Dapperheid beteken om op 'n manier te leef, te praat, op te tree en te bid, wat wys dat ons vol vertroue is dat hierdie beloftes vir ons waar sal word.
Wanneer ons groot gebede bid, stel ons nie eise aan God of probeer om baas te speel oor Hom nie, ons vra net dat sy beloftes waar sal word. Wanneer ons bid, moet ons vertroue hê dat God sal klaarmaak wat Hy begin het. Dit neem moed om tot die bittereinde toe aan te hou glo in God se beloftes. Hierdie week se Bybelvers gaan oor Elia se gebed, wat 'n voorbeeld van so 'n dapper versoek is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel is vol voorbeelde van wonderlike mense wat hulle moed ten toon gestel het. Kan 'n kind egter buitengewone moed in hulle doodgewone lewens uitleef? Hierdie leesplan sluit 'n paar kindervriendelike videos van 'n paar Bybelhelde in, en neem ons deur hulle verhale van moed terwyl ons ook ander Bybelverse en Skrifgedeeltes verken wat ons uitdaag om met moed te lewe in ons daaglikse omgang met Christus.
More