Almal wil wen, maar niemand wil wag nieVoorbeeld

Everybody Wants To Win But Nobody Wants To Wait

DAG 3 VAN 5

God se tydsberekening vir jou verhoudinge

Die Here het een nag met my gepraat. Hy het gesê: “Marcus, wanneer jy haastig in 'n verhouding tree, jaag jy na ellende.” Toe die Here daardie woorde tot my spreek, het dit my geruk. Ek was desperaat om in daardie tyd in 'n romantiese verhouding te wees. Ek het eensaam gevoel, en was moeg om te wag. Ek het gekyk hoe ander trou en ek wou ook trou. Dit was amper asof ek gewillig was om vir enige iemand te skik, net om in 'n verhouding te wees.

Wat ek nie besef het nie, was dat die beste verhouding om te hê 'n verhouding met God was.

Ek het op 'n jong ouderdom getrou, en daardie huwelik het in 'n egskeiding geëindig. Daarna het ek besef dat ek tyd moet gebruik en God toelaat om my te genees van daardie gebrokenheid. Ek het baie gebroke verhoudinge gehad. Nou is ek op 'n plek waar ek jou kan aanmoedig om God toe te laat om jou te genees.

As jy probeer om te herstel van 'n gebroke verhouding of as jy God vertrou om jou gebroke verhoudinge te herstel, moet jy die proses respekteer. Laat God jou herstel. God kan jou gebroke verhoudinge regmaak. Hy het 'n oorvloed van beide liefde en geduld. Wat ook al sy plan is, moet jy glo dat jou wagtyd nie 'n vermorsing is nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Everybody Wants To Win But Nobody Wants To Wait

Deur hierdie omvattende, daaglikse leesstukke, leer jy hoe om in alle aspekte van die lewe, van genesing tot verhoudinge, op God se tydsberekening te wag. Ontdek hoe om die beste van die wagtyd te maak en volgens God se wil te bid. Hierdie oordenking is gebaseer op "Everybody Wants to Win, But Nobody Wants to Wait" deur Marcus Gill.

More

Baie dankie aan Marcus Gill & Charisma House wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://waittowin.com vir meer inligting.