Sade: Wat en Waarom Voorbeeld

Seeds: What and Why

DAG 2 VAN 4

Dag 2 - 'n Nuwe Saad

Wanneer kinders gebore word, geniet vriende en familie dit om dadelik dié eienskappe uit te wys wat soos die baba se pa en ma lyk. Ons doen dit omdat ons weet dat die kind uit die saad van die ouers ontstaan het en dat die baba dus die ouers se genetiese samestelling deel. Jare gaan verby en later besef ons daar is meer as net sigbare ooreenkomste. Kinders deel dikwels maniertjies, denkprosesse, intellek, talente en nog meer met hul ouers!

Van wie is jy afkomstig? Watter eienskappe het jy van hulle gekry? Wat dink mense as hulle jou familie se van hoor? Hierdie vrae maak sommige lesers dankbaar, maar die meeste word ontmoedig. As ons net bestaan ​​uit dit wat vóór ons was, is dit dan ons lot om op een of ander manier nes ons ouers te word?

Dit is waar Jesus tussen by tree!

1 Johannes 3:9:

“Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly, en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is."

As 'n wedergebore persoon het jy die patroon, wese en geestelike DNS van jou Vader binne-in jou! Dit beteken ons potensiaal is nou onbeperk en ons bestaan presies ​​uit dit waaruit God bestaan.

Galasiërs 3:26:

“Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God."

Wanneer 'n familielid afsterwe, erf die naaste familielid by verstek alles wat die afgestorwene besit het, tensy daar 'n geskrewe testament is wat anders stipuleer. Ons sien dit in hierdie nuwe saad — dat ons volle regte en voorregte as kinders van God gegee word! Hierdie erfenis is nie iets waarvoor ons moet meeding nie, ons is daarin weergebore, en dit is eenvoudig ons s'n.

Oordink vandag wat dit beteken om vir God as jou Vader te hê; wat dit beteken om dieselfde samestelling as Hy te hê!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Seeds: What and Why

Sade is oral. Jou woorde, jou geld, jou kinders en selfs jy is 'n saad! Hoe werk hierdie sade en hoekom moet dit vir ons saak maak? Kom ons kyk wat die Bybel te sê het en ontdek hoe dit op ons lewens van toepassing kan wees om ons nader aan God en sy doel vir ons te bring.

More

Ons wil graag vir Abundant Life Church vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting besoek gerus: https://alcky.com