Sade: Wat en Waarom Voorbeeld

Dag 1- Wat is "Saad" ?
Dit sal waarskynlik vir jou geen verrassing wees dat die vroegste melding van saad in die heel eerste hoofstuk van Genesis voorkom nie. Ons lê in Genesis 'n fondament oor die begrip van saad, asook van God se doel en plan met saad.
“Toe het God gesê: "Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom, groen plante wat saad gee en vrugtebome op die aarde, wat elkeen na sy aard vrugte dra en waarvan die saad in sy vrug sit" (Genesis 1:11).
Die oorsprong van die Hebreeuse woord wat ons as "saad" vertaal, is Zara, wat Strong se Konkordansie en ook ander bronne definieer as "om te saai, saad te strooi" (Strong, 2010). Hierdie definisie kom aan die lig in die laaste gedeelte van die vers, waar dit verwys na "waarvan die saad in sy vrug sit" (Genesis 1:11b).
Hierdie Skrif is waar ons beide die eerste melding van die woord saad, sowel as die eerste melding van natuurlike lewe sien (Genesis 1:11). Dié verband is doelbewus — alle lewe groei en vermeerder deur een of ander vorm van saad.
Die vraagstukke wat ons onmiddellik hieruit kan haal, is groot! As saad onafskeidbaar is van lewe, waar in ons lewens word daar dan van ons verwag om saad te produseer en wat gebeur daarmee? As alle lewe uit saad voortkom, van watter soort saad het ons dan gekom? Die belangriker vraag is, wat moet dit alles vir my beteken?
“Die aarde het groen plante laat uitspruit wat elkeen na sy aard saad gee, en bome wat vrugte dra met die saad daarin, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed" (Genesis 1:12).
In die dae wat voorlê, sal ons antwoorde op hierdie vrae in die Woord van God soek; maar wees vir eers getroos met Genesis 1:12 dat God saad ten goede geskape het! Sy oorspronklike ontwerp was goed en al leef ons in 'n gevalle wêreld, het Hy 'n plan van verlossing om enige saad te herstel na daardie goeie, volledige en volmaakte ontwerp (Genesis 1:12).
Ek moedig jou aan om hierdie verse uit die Skrif te bepeins en na sade in die alledaagse lewe te soek. Daar is nie 'n enkele ding wat vandag lewe wat nie tot by sy begin teruggespoor kan word nie, en dit is vandag hier as gevolg van SAAD.
Aangaande hierdie leesplan

Sade is oral. Jou woorde, jou geld, jou kinders en selfs jy is 'n saad! Hoe werk hierdie sade en hoekom moet dit vir ons saak maak? Kom ons kyk wat die Bybel te sê het en ontdek hoe dit op ons lewens van toepassing kan wees om ons nader aan God en sy doel vir ons te bring.
More
Verwante Leesplanne

Staan weer op

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Delf dieper deur Romeine
