Ontdek Die Grootste GewerVoorbeeld
Dag 37: God gee aan ons die sewende kruiswoord
"Die doel is nie om vir ewig te lewe nie, die doel is om iets te skep wat sal" — Chuck Palahniuk.
Jesus se laaste woord aan die kruis vind ons in Lukas 23:46 (NLV) waar Hy met ʼn harde stem uitroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor!” en so het Jesus gesterf.
Hierdie finale kruiswoord getuig van Jesus se volle oorgawe aan God se wil, selfs tot die laaste oomblik. Hy het gedemonstreer wat dit beteken om mens te wees en om die sterfdatum te bereik met ʼn nalatenskap van betekenis.
Dit beklemtoon ook sy intieme verbondenheid met God en sy bereidheid om sy lot in die hande van die hemelse Vader te plaas. Net soos al die ander kruiswoorde is hierdie kruiswoord die vervulling van Ou Testamentiese profesieë.
Hierdie kruiswoord fokus op die konsep van vertroue en oorgawe aan God se plan vir ons lewens, selfs in die aangesig van lyding en dood. Dit bring dan ʼn innerlike vrede en rustigheid, selfs te midde van uitdagings. Hier is drie waarhede om te onthou in jou donkerste tye.
God se hand is: groot genoeg om jou te seën, ongeag waardeur jy gaan; sterk genoeg om jou vir ewig veilig te hou, ongeag wat jy in die gesig staar, en deurboor sodat Hy jou nooit sal vergeet nie — dit maak nie saak hoe stukkend jy is nie.
Een manier om hierdie kruiswoord in ons lewens toe te pas, is deur ʼn daaglikse tyd van gebed en oorgawe. Ons deel ons vrese, bekommernisse en vreugdes met God, terwyl ons onsself bewustelik aan sy wil oorgee.
Hierdie daaglikse praktyk skep ʼn ruimte waarbinne ons leer om ons lewens volledig in die hande van God te plaas, net soos Jesus gedoen het. ʼn Ander aspek van die toepassing is in die konteks van persoonlike groei en selfontwikkeling.
Deur ons drome, begeertes en ambisies aan God oor te gee, erken ons sy soewereiniteit oor ons lewens. Deur hierdie sewe kruiswoorde van Jesus, gee God aan jou ʼn dieper begrip van die onmeetbare liefde en genade van God, asook ʼn aansporing om Christus se voorbeeld na te leef.
Lees hierdie Skif en skryf jou gedagtes neer.
Aangaande hierdie leesplan
Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aan ons almal gee en hoe ons dit in geloof kan ontvang. In hierdie Paasfees-leesplan word daar gefokus op die ongeëwenaarde goedheid en grootheid van God as dié grootste gewer ooit.
More
Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.learnandlead.co.za/