Ontdek Die Grootste GewerVoorbeeld
Dag 10: God gee sonder om iets terug te verwag
"Hy het uitgedeel en gegee aan die armes; sy goedhartigheid bly vir altyd staan" — Paulus (2 Korintiërs 9:9 NLV).
God se aard as ʼn onvoorwaardelike gewer is een van die mees indrukwekkende aspekte van sy karakter. In ʼn wêreld waar die meeste gawes gekoppel is aan prestasie, skyn God se liefde en genade met ʼn onvoorwaardelike lig.
Hierdie eienskap van God as onvoorwaardelike gewer is ʼn kenmerkende eienskap van God se karakter wat deur die eeue heen die harte van gelowiges aangeraak het. Hierdie onvoorwaardelike gee is ʼn bron van troos, hoop en inspirasie vir mense regoor die wêreld. Die eienskap of karaktertrek vind sy wortels in die kern van God se liefde.
God se liefde is nie beperk tot diegene wat dit verdien nie, maar vloei oor na almal, ongeag van hul prestasies, verdienstes of tekortkominge. Dit is ʼn liefde wat nie beperk word deur menslike maatstawwe nie, maar eerder verbreed word deur die onmeetlike genade van die Skepper.
Die Bybel is vol van getuienisse van God as onvoorwaardelike gewer. Een van die mees bekendste verse, Matteus 5:45 (AFR53) getuig hiervan: "... want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges." Die onvoorwaardelike gee van God manifesteer ook in ons daaglikse lewens. Elke asemhaling, elke sonstraal, elke oomblik van vreugde is ʼn getuienis van God se genadige gawes sonder om iets terug te vra.
Selfs in tye van moeilikheid, verlaat God ons nie; sy liefde en genade bly onveranderlik.
Uiteindelik sien ons sy onvoorwaardelike liefde die duidelikste in God se gewilligheid om sy grootste geskenk, Jesus Christus, aan die wêreld te gee sonder om iets terug te verwag: ”maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Romeine 5:8 AFR53).
Hierdie onvoorwaardelike liefde weerspieël God se karakter en gee uitdrukking aan die kern van ons geloof. Ons bewustheid van God as die grootste onvoorwaardelike gewer moet ʼn bron van dankbaarheid, aanbidding en inspirasie wees.
As gelowiges word ons genooi om hierdie voorbeeld van onvoorwaardelike gee na te volg deur ʼn lewe van liefde en diens teenoor ander. Mag ons harte oop wees vir die volheid van God se liefde en mag ons lewens ʼn getuienis wees van hierdie onmeetbare genade deurdat ons liefde aan ons medemens betoon.
Oordink die volgende Skrifgedeelte uit Romeine 5:6-10 en skryf jou gedagtes daaroor neer:
Aangaande hierdie leesplan
Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aan ons almal gee en hoe ons dit in geloof kan ontvang. In hierdie Paasfees-leesplan word daar gefokus op die ongeëwenaarde goedheid en grootheid van God as dié grootste gewer ooit.
More
Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.learnandlead.co.za/