Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde VeroorsaakVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

DAG 11 VAN 13

Hoe om van ons wonde genees te word (2)

Vergifnis: Mense wat aan die letsels van vader of moeder wonde ly, moet mooi dink oor wat in hul lewens gebeur het en hoe hul ouers se gedrag hulle beïnvloed het. Dan moet hulle vergewe. Dit kan tyd neem. Vir sommige sal dit makliker wees as vir ander. Vir sommige sal dit 'n kort gebed wees. Vir ander neem dit dae, maande of selfs langer, om deur so iets te werk. Hou aan om te vergewe soos die Heilige Gees dinge aan jou openbaar.

Bely jou sondige reaksies: Jy is nie die een wat die pyn veroorsaak het nie, maar alle sondige gedrag en reaksies is vir jou rekening. Jy kies jou reaksie. Jy moet verantwoordelikheid neem vir hoe jy gereageer het. Dit is wat jy moet bely. Dit is van uiterste belang dat jy dit doen. Anders sal jy 'n lewenstyl ontwikkel waar jy altyd sal probeer om ander te vind en verantwoordelik te maak vir alle probleme in jou lewe, die skuld vir jou gedrag en sondes te verskuif en nie verantwoordelikheid te neem vir jou verkeerde gesindheid en optrede nie.

Vra die Heilige Gees om jou te genees en te herstel: Nadat jy tyd deurgebring het om God te vra om jou sondige reaksies te vergewe en dit te bely, vra die Heilige Gees om jou emosies te genees. Vra Hom om jou te help om aan jouself te dink soos God die Vader oor jou voel en dink.

Die regte Vader-beeld: Vra die Vader om Homself aan jou te openbaar. Bestudeer die karakter van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Bestudeer hul werke. Vra God, die Drie-eenheid, om Homself aan jou te openbaar. As gevolg van ons ouers se beperkte vermoëns om vir ons die Vader en sy karakter te "wys", moet ons voortdurend die Heilige Gees vra om meer en meer van die Vader aan ons te openbaar. Vra die Heilige Gees om jou te help verstaan hoe die Vader regtig oor jou voel, oor jou dink en wat Hy vir jou beplan.

Sommige mense sal die hulp van beraders en vriende nodig hê.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak

Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/