Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde VeroorsaakVoorbeeld
Hoe om van ons wonde genees te word (1)
Om genees te word van die wonde van ons vaders en moeders, sal ons eerstens die ware karakter van God moet verstaan. Omdat ons in 'n gebroke wêreld grootword, gee die wêreld en ook die huise waarin ons grootword vir ons 'n verwronge beeld van God.
Lees asseblief die volgende Skrifgedeeltes aandagtig. Wat leer ons van God se wese en karakter in elke Skrifgedeelte? Die vraag is: Tot watter mate strook jou eie gevoelens en gedagtes met wat die Bybel oor God sê? Om die waarheid oor wie God is, te verstaan, is die eerste stap na genesing.
God Is oral teenwoordig en weet alles: Psalm139:1-3: "Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend."
God is heilig: Levitikus 20:26: "Julle moet heilig lewe, want Ek die Here is heilig. Ek het julle afgesonder uit die volke om aan My te behoort."
God is absolute waarheid: Johannes 16:13: "Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei."
God se medelye, genadigheid en goedertierenheid: Eksodus 34:6 –7: "Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde."
God is getrou, regverdig en opreg: Deuteronomium 32:4: "Hy is die Rots, sy werk is volmaak, alles wat Hy doen, is regverdig. Hy is die getroue God, sonder onreg, Hy is regverdig en betroubaar."
'n Verhaal: Paco: In ‘n verhaal deur Ernest Hemingway, getiteld Die hoofstad van die wêreld, vertel hy van 'n pa en seun wat in Spanje gewoon het. So kom daar spanning tussen ouers en kinders en verbrokkel die verhouding. In hierdie geval het daar ook spanning opgebou en die seun het sy rug op sy pa gedraai en sy eie ding gaan doen. Die pa het 'n uitgebreide soektog na sy verlore en opstandige seun begin. Ten einde raad het die pa 'n advertensie in een van Madrid se koerante geplaas, 'n eenvoudige advertensie: "Liewe Paco, ontmoet my môre die middag voor die kantoor van die Madrid Newspaper. Alles is vergewe. Ek is lief vir jou." Die volgende middag het 800 jong manne met die naam Paco voor die koerant se kantoor gewag, almal op soek na hul vaders se vergifnis.
Aangaande hierdie leesplan
Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/