Stiltetye met GodVoorbeeld
Dissipline lei tot Vreugde
Hy moet gasvry wees en alles wat goed is, liefhê. Hy moet met wysheid lewe en regverdig wees. Hy moet ’n toegewyde en gedissiplineerde lewe lei. (Titus 1:8)
Daar is baie dinge wat meeding vir ons beperkte tyd en energie. Hierdie dinge steel dikwels ons vreugde. Ek het voorheen by God gekla omdat my skedule te besig was. Ek sou sê, ‘’Hoe kan daar van iemand verwag word om te doen wat ek moet doen?’’ Toe wys God vir my dat ek my skedule gemaak het en niemand behalwe ek kon dit verander nie. God het my gewys dat om my skedule te vereenvoudig, die manier is om my lewe te vereenvoudig.
Vra God om jou te wys watter veranderinge jy kan maak om die stres van die gejaag uit te skakel en dissiplineer jouself dan om daardie veranderinge aan te bring. Spandeer eers tyd saam met God en jy sal vind dat die res van jou tyd meer vrugbaar en vreedsaam sal wees.
Vandag se Gedagte
Besluit vandag dat jy jou skedule gaan bestuur in plaas daarvan om dit toe te laat om jou te bestuur.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Spreuke 1:7; Hebreërs 12:7
Aangaande hierdie leesplan
Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor die verskil wat dit sal maak.
More
Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/