Stiltetye met GodVoorbeeld

Stiltetye met God

DAG 11 VAN 14

Leef vir die Oomblik

Mag die Here, die Bron van vrede, self altyd en op elke manier vir julle vrede gee. Mag die Here met julle almal wees. (2 Tessalonisense 3:16)

Om ‘n gesindheid van vrede en kalmte te hê, is onskatbaar. Dis ‘n gesindheid wat sê, ‘’Ek vertrou God,’’ dit eer Hom en praat kragtig met ander.

Een manier om konsekwente vrede te ontwikkel, is om te leer om in die oomblik te leef. Ons kan baie tyd spandeer om oor die verlede te dink of wat die toekoms inhou ,,, maar ons kan niks bereik tensy ons gedagtes op vandag gefokus is nie.

Die Bybel sê vir ons dat God ons genade gee vir elke dag wat ons lewe; hy gee dit nie vir ons voor ons dit nodig het nie. Ek glo dat genade die krag, bekwaamheid of energie is om te doen wat ons moet doen – en Hy gee dit mildelik. Jou krag en vermoë sal toeneem as jy fokus op wat jy doen in plaas daarvan om jou gedagtes toe te laat om bekommerd te wees oor die verlede of die toekoms.

Vandag se Gedagte

Jy kan elke oggend ‘n besluit neem om te sê, ‘’God het my vandag gegee. Ek sal jubel en elke oomblik leef soos dit kom!’’

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Matteus 6:34; Psalm 16:5

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Stiltetye met God

Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor die verskil wat dit sal maak.

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/