Stiltetye met GodVoorbeeld

Stiltetye met God

DAG 12 VAN 14

Om te Stap in God se Volmaakte Plan

’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming. (Spreuke 16:9)

Ons dink en beplan in tydelike terme, maar God dink en beplan in oneindige terme. Wat dit beteken is dat ons in die oomblik belangstel en God stel meer belang in die ewigheid.

Moet nooit vergeet dat God sien en verstaan wat ons nog nie kan sien en verstaan nie. Hy vra ons om Hom te vertrou, en nie in frustrasie te lewe omdat dinge nie altyd volgens ons plan verloop nie. Hy wil hê dat ons Hom moet vertrou dat Hy besig is met Sy volmaakte plan ... in Sy volmaakte tydsberekening.

Ons wil dikwels onmiddellike resultate hê, maar God is bereid om in tyd te belê. God is ‘n belegger, Hy belê tyd in ons en as ons kies om tyd in Hom en saam met hom te belê, sal ons die resultaat geniet!

Vandag se gedagte

God het nie net ‘n plan vir jou lewe nie, maar Hy het die volmaakte tydsberekening vir elke stap van daardie wonderlike plan.

Delf dieper in Sy Woord: Bestudeer Prediker 3:1;Psalm 37:4-7

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Stiltetye met God

Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor die verskil wat dit sal maak.

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/