Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld
![Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F42943%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gebed
Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:
“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”
Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.
_________________
B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.
I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.
D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?
Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.
_________________
Agtergrond oor die boeke 1-3 Johannes
Wie het die boeke 1-3 Johannes geskryf?
Christelike tradisie is van mening dat 'n anonieme skrywer 1 Johannes geskryf het, maar Johannes 2 en 3 is geskryf deur iemand wat "die ouderling" (2 Johannes 1:1 AFR53) genoem word.
Vir wie is die boeke 1-3 Johannes geskryf?
Hierdie briewe blyk almal aan Christene in Klein-Asië (hedendaagse Turkye) geskryf te gewees het.
Konteks
Die gebeure wat in 1-3 Johannes beskryf word, vind plaas in die stad Efese. Die boeke 1-3 Johannes is waarskynlik tussen 64 en 66 n.C saamgestel. Die skrywer skryf hierdie briewe as 'n manier van onderrig, maar blyk ook direk te praat oor Gnostisisme se toename in gewildheid en te waarsku teen die gevare daarvan.
Literêre Styl
Die boeke 1-3 Johannes is briewe wat as vertellings geskryf is.
Hooftemas
- God se lig en liefde
- Geregtigheid deur ons naaste lief te hê
- Jesus as waarheid
Struktuur
Die boek 1 Johannes daag volgelinge van Jesus uit om getrou te bly aan wat hulle reeds glo. Die boek 2 Johannes is 'n waarskuwing aan 'n spesifieke huisgemeente. Die boek 3 Johannes is geskryf aan Gajus, een lid van 'n huisgemeente.
_________________
Agtergrond oor die boek Judas
Wie het die boek Judas geskryf?
Christelike tradisie meen dat Judas (Juda), een van die vier broers van Jesus, die boek Judas geskryf het.
Vir wie is die boek Judas geskryf?
Die brief is gerig "aan die wat geroep [is]" (Judas 1:1), sonder enige spesifieke aanduiding van wie hulle was of waar hulle gewoon het. Die verwysings na Ou-Testamentiese gebeure en buite-Bybelse bronne (vgl. Judas 1:5-7, 9, 11, 14) dui sterk daarop dat die oorspronklike lesers Joodse Christene was, wat dalk in Palestina gewoon het.
Konteks
Die gebeure wat in Judas beskryf word, vind hoofsaaklik in die bewoonde gebiede van die Grieks-Romeinse Ryk plaas, maar 'n spesifieke gemeenskap of stad word nie genoem nie. Judas is waarskynlik tussen 63 en 67 n.C. geskryf. Die skrywer se oorspronklike doel met die skryf van hierdie brief was om te skryf oor die gemeenskaplike redding wat hy en sy lesers gedeel het (Judas 1:3). Die teenwoordigheid van goddelose mense en die gevaar dat hulle Christene op 'n dwaalspoor sou bring, het egter 'n verandering in doel afgedwing: om sy lesers aan te moedig om ernstig te stry vir die geloof wat aan die heiliges oorgelewer is (Judas 1:3).
Literêre Styl
Die boek Judas is 'n brief wat as 'n vertelling geskryf is.
Hooftemas
- God se geregtigheid en oordeel
- Jesus as die nuwe tempel
- Om God lief te hê deur gehoorsaamheid
Struktuur
Judas kan in drie dele verdeel word. Verse 1-4 daag die gemeenskap uit om korrupte leermeesters te weerstaan. Verse 5-19 verskaf voorbeelde van weerstand teen God. Verse 20-25 is 'n herinnering aan God se oproep tot gehoorsaamheid in liefde.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F42943%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!
More