Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

DAG 174 VAN 182

Gebed

Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:

“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”

Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.

_________________

B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.

I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.

D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?

Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.

_________________

Agtergrond oor Die Openbaring

Wie het die boek Die Openbaring geskryf?

Alhoewel die meeste Christelike tradisies beweer dat Openbaring (of Die Openbaring van Jesus aan Johannes) deur die dissipel Johannes geskryf is, word sy identiteit nie uitdruklik genoem nie.

Vir wie is Die Openbaring geskryf?

Die boek noem spesifiek sewe kerke regoor Klein-Asië as die ontvangers daarvan.

Konteks

Die gebeure wat in Die Openbaring beskryf word, vind plaas in sewe spesifieke kerkgemeenskappe in Klein-Asië. Die Openbaring is waarskynlik tussen 94 en 96 n.C. saamgestel.

Literêre Styl

Die Openbaring is as vertelling in die vorm van apokaliptiese literatuur aan die kerke geskryf.

Hooftemas

  1. Die hoop op Jesus se finale wederkoms
  2. Getrouheid aan Jesus dwarsdeur 'n mens se lewe
  3. Die troos van Jesus in lyding en vervolging

Struktuur

Die Openbaring kan in sewe dele verdeel word. Hoofstukke 1-3 stel Johannes se visie bekend. Hoofstukke 4-5, 6-8a, 8b-11, 12-16 en 17-20 fokus op verskeie visioene van Johannes. Hoofstukke 21-22 is 'n slotvisie van die nuwe hemele en nuwe aarde.

Dag 173Dag 175

Aangaande hierdie leesplan

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!

More

Ons wil graag The Bridge Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bridge.tv