Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

DAG 163 VAN 182

Gebed

Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:

“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”

Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.

_________________

B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.

I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.

D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?

Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.

_________________

Agtergrond oor die boek 1 Petrus

Wie het 1 Petrus geskryf?

Christelike tradisie is van mening dat die apostel Petrus die boek 1 Petrus geskryf het. Hierdie is die eerste van twee briewe wat Petrus aan verskeie kerkgemeenskappe in Klein-Asië geskryf het.

Vir wie is die boek 1 Petrus geskryf?

Dit blyk asof Petrus aan beide Joodse Christene en heidene geskryf het wat tot geloof gekom het.

Konteks

Die gebeure wat in 1 Petrus beskryf word, vind plaas in die Romeinse provinsie Klein-Asië. Die boek 1 Petrus is waarskynlik tussen 61 en 64 n.C. saamgestel. Dit blyk uit die sendbrief dat Christene in Klein-Asië reeds vervolging ervaar het (1 Petrus 1:6) en selfs meer lyding te wagte kon wees (1 Petrus 4:12-19). Dwarsdeur die brief moedig Petrus hulle aan om standvastig te bly (1 Petrus 1:13; 4:16; 5:8,9). Hy herinner hulle aan hul seëninge en die pligte wat op hulle rus is as God se “uitverkorenes” (1 Petrus 1:2), “sy eiendomsvolk” (1 Petrus 2:9).

Literêre Styl

Die boek 1 Petrus is 'n brief wat as 'n vertelling aan die kerke geskryf is.

Hooftemas

  1. Die nuwe identiteit van God se volk
  2. Jesus as die nuwe tempel
  3. Die hoop op Jesus se wederkoms

Struktuur

Die boek 1 Petrus het vier dele. Hoofstuk 1 begin met 'n groet en 'n gedig. Hoofstukke 1b-2a fokus op ons nuwe identiteit in Jesus. Hoofstukke 2b-4a ondersoek lyding as 'n manier om van Jesus te getuig. Hoofstukke 4b-5 beskryf die toekomstige hoop op Jesus se wederkoms.

Dag 162Dag 164

Aangaande hierdie leesplan

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!

More

Ons wil graag The Bridge Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bridge.tv