Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Gebed
Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:
“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”
Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.
_________________
B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.
I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.
D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?
Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan vra of ons kan voorstel.
_________________
Agtergrond oor die boek Jakobus
Wie het die boek Jakobus geskryf?
Volgens Christelike tradisie is die boek Jakobus geskryf deur Jesus se halfbroer, Jakobus.
Vir wie is die boek Jakobus geskryf?
Die brief is gerig aan "die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is" (Jakobus 1:1). Dit laat 'n mens onwillekeurig dink aan die Jode wat buite die land van Palestina gewoon het (Handelinge 26:6-7). Sedert die Assiriese en Babiloniese ballingskap is baie Jode oor verskeie nasies verstrooi (Handelinge 2:5-11). Alhoewel hulle Jode was, maak die brief dit duidelik dat hulle ook broers in Christus was, d.w.s. hulle was Joodse Christene.
Konteks
Die gebeure wat in Jakobus beskryf word, vind plaas in Jerusalem. Jakobus is waarskynlik geskryf in 62 n.C. Die brief handel oor 'n verskeidenheid temas, met die klem op praktiese aspekte van die Christelike lewe. Sommige van die temas sluit in die hantering van beproewings en versoekings, die beoefening van suiwer godsdiens, die begrip van die verhouding tussen geloof en werke, die behoorlike gebruik van die tong en vertoon van ware wysheid, om 'n vriend van God eerder as 'n vriend van die wêreld te wees en die waarde van nederigheid, geduld en gebed.
Literêre Styl
Die boek Jakobus is in prosavorm geskryf.
Hooftemas
- Die lewende wysheid van Jesus
- Ware geloof en dade kan nie geskei word nie
- Volharding en geduld in moeilike omstandighede
Struktuur
Jakobus kan in twee dele verdeel word. Hoofstuk 1 stel vir Jesus bekend en die wysheid wat Hy bied. Hoofstukke 2-5 bevat twaalf leringe en 'n aanmoediging tot volharding in gebed.
Aangaande hierdie leesplan

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!
More