Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

DAG 132 VAN 182

Gebed

Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:

“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”

Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.

_________________

B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.

I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.

D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?

Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.

_________________

Agtergrond oor 2 Korintiërs

Wie het die boek 2 Korintiërs geskryf?

Christelike tradisie is van mening dat die apostel Paulus die boek 2 Korintiërs geskryf het. Hierdie is die tweede van twee bekende briewe wat Paulus aan die Korintiërs geskryf het.

Vir wie is die boek 2 Korintiërs geskryf?

Soos 1 Korintiërs, is die tweede sendbrief geskryf aan die gemeente wat in Korinte van Agaje gewoon het.

Konteks

Die gebeure wat in 2 Korintiërs beskryf word, vind in die stad Korinte plaas. Die boek 2 Korintiërs is waarskynlik tussen 53 en 58 n.C. geskryf, ongeveer een jaar ná Paulus se eerste brief aan die gemeente in Korinte. Hierdie tweede brief van Paulus aan die gemeente in Korinte was in reaksie op die berig wat teruggebring is deur Titus, wat Paulus ingelig het oor hulle ontvangs van die eerste brief en hoe hulle die teregwysing ontvang het wat daardie brief bevat het (2 Korintiërs 2:12-13; 7:5- 9). Titus se verslag was bemoedigend, maar klaarblyklik het dit ook kommerwekkende nuus gebring dat sommige in Korinte Paulus se gesag as 'n apostel bevraagteken het.

Literêre Styl

Die boek 2 Korintiërs is 'n brief wat as 'n vertelling aan die kerke in Korinte geskryf is.

Hooftemas

  • Versoening deur Jesus
  • God se vrygewigheid
  • Die ongewone weg van die kruis

Struktuur

Die boek 2 Korintiërs kan in drie dele verdeel word. Hoofstukke 1-7 finaliseer sy versoening met die Korintiese kerk. Hoofstukke 8-9 spreek vrygewigheid in die gemeenskap aan. Hoofstukke 10-13 daag diegene uit wat vir Paulus verwerp.

Dag 131Dag 133

Aangaande hierdie leesplan

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!

More

Ons wil graag The Bridge Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bridge.tv